Agriculture
Landbounuus-podcast: Borgtog aan Horner-moordverdagtes toegestaan─── ELSABÉ RICHARD 14:17 Fri, 25 Jun 2021
Twee verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die moord op die jong plaasbestuurder, Brendin Horner, in die Paul Raux-omgewing in die Vrystaat in 2020, is vandeesweek borgtog toegestaan.
Dit volg nadat DNS-uitslae van die bloed op hulle klere nie ooreengestem het met Horner se bloed nie. Dr Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), sê die organisasie versoek dat die provinsiale polisie die saak herevalueer. Buys deel dat dit wil voorkom asof daar nog uitstaande bewyse is wat aan die ondersoekbeamptes beskikbaar gestel moet word. Sy sê daarom is VL en die landbougemeenskap van Paul Roux van mening dat die twee beskuldigdes nie alleen by die moord betrokke was nie.
Een van Bothaville se leierboere, Bully Bothma, is in die ouderdom van 71 jaar oorlede. Dié Vrystaatse boer was vir baie jare voorsitter van Nampo en Graan SA. Bothma was ook Vise-President van Agri SA. Sy vriend, Japie Grobler, beskryf hom as 'n mense-mens wat 'n groot passie vir landbou en sy medemens gehad het. Bothma is Donderdag 24 Junie weens Covid-19 verwante komplikasies in die hospitaal oorlede.
EN
Daarmee saam is die skielike dood van Danie Jacobs, ’n uitvoerende bestuurslid van Agri Noord-Kaap, voorsitter van Agri Namakwaland en voorsitter van die komitee vir omgewingsake, vir sy gesin en die georganiseerde landbou ’n groot verlies. Landbou.com berig die 55-jarige Jacobs is op 23 Junie in sy bakkie in die veld op sy plaas buite Springbok gevind. Hy is vermoedelik aan ’n hartaanval dood. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê Jacobs se dood is 'n groot skok en hartseer nuus.
OFM-nuus
