On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NW Departement se finansiële hoof afgedank

───   ELSABÉ RICHARD 14:06 Mon, 12 Jul 2021

Landbounuus-podcast: NW Departement se finansiële hoof afgedank | News Article

Die Noordwes-departement van landbou en landelike ontwikkeling bevestig die afdanking van die departement se finansiële hoof, Sophy Koikanyang, nadat sy skuldig bevind is aan die onreëlmatige toekenning van 'n tender van miljoene rande.

Die woordvoerder van die departement, Emelda Setlhako, sê dat die voormalige finansiële hoof se dienskontrak beëindig is nadat daar bevind is dat sy 'n sekuriteitstender onreëlmatig toegeken het en 'n betaling deur 'n departementele aangestelde implementeringsagent vir die verkryging van 'n gebou verwerk het. OFM-nuus het vroeër berig dat DA woordvoerder in Noordwes, Jacqueline Theologo, gesê het dat dit verbasend is dat Koikanyang se afdanking gevolg het kort nadat sy die provinsiale wetgewende portefeuljekomitee oor landbou in kennis gestel het van LUR Desbo Mohono se reis-onkoste, wat in die boekjaar 2019/2020 na bewering R1 miljoen met haar private voertuig oorskry het.

Voortslepende droogtetoestande in dele van die land, sowel as verhoogde produksiekoste, lei daartoe dat die getal volstruisprodusente in die land afneem. Dit is volgens Piet Kleyn, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Volstruis-sakekamer. Kleyn sê egter dat daar nog heelwat produsente in droeër dele in onder meer die Noord-, Wes-, en Oos-Kaap, sowel as die Vrystaat, is. Ander volstruisprodusente is in die Suid-Kaap, met een produsent wat in Limpopo geleë is. Baie van die volstruisboerderye spruit uit droë gebiede omdat daar min alternatiewe is om mee te boer. Dit, omdat daar nie baie waterbronne is om ander tipes produksie aan te pak nie.

EN

EN...‘n Bekende boer in Namakwaland in die Noord-Kaap is die afgelope week oorlede. Die 52-jarige Lionel Cloete, 'n boer en beampte by die Noord-Kaapse Departement van Openbare Werke en Paaie, is weens Covid-19-verwante komplikasies oorlede. Cloete was wyd bekend vir sy bydrae om die impak wat die langdurige droogte in die gebied op boere en voedselsekuriteit gehad het, aan die lig te bring. As die ondervoorsitter van die Steinkopf Boerevereniging, het hy gehelp om verskeie voerskenkings en bydraes as droogtehulp vir boere te bewillig. Cloete was altyd gereed om die media te woord te staan op kort kennisgewing. OFM-nuus het verkeie kere oor die jare met hom gesels. Hier is 'n uittreksel van een van die onderhoude. Hy laat sy ouers, sy vrou Liesl, twee kinders en twee kleinkinders agter.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.