On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kommer oor langtermyn-gebruik van antibiotika vir vee

───   ELSABÉ RICHARD 14:18 Thu, 19 Aug 2021

Landbounuus-podcast: Kommer oor langtermyn-gebruik van antibiotika vir vee | News Article

Die langtermyngevolge van die voorkomende gebruik van antibiotika onder vee, bedreig nie net die gesondheid van die kudde nie, maar benadeel ook die toekomstige winsgewendheid van die veebedryf.

Dit is volgens Roelie van Reenen, hoof van die verskaffingsketting van die Beefmaster-groep. Van Reenen deel dat die langtermyngevolge van die voorkomende gebruik van antibiotika onder vee ‘n groot probleem is. Hy waarsku rolspelers in die bedryf om die belangrike ekonomiese rol van die veebedryf op die lang termyn te beskerm - wat begin met die veilige en verantwoordelike gebruik van antibiotika. Hy voeg verder by dat as boere nie die antibiotika wat tans beskikbaar is beskerm nie, wat noodsaaklik is vir die behandeling van baie aansteeklike siektes by vee, sal hulle in die toekoms baie min opsies hê om diere teen siektes te behandel en dit sal 'n groot invloed op die veebedryf hê.

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het, om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R41,98 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R38,55, en speenkalwers oor 250kg het teen R37,01 per kg verkoop.

EN

Ons vier steeds vroue in landbou as deel van Vrouemaand. Dié keer het OFM-nuus met die 68-jarige Rebecca Lebona, ‘n boer in die Kimberley-omgewing in die Noord-Kaap gesels. Lebona is nog vol energie en pak self plaaswerk aan. Haar boodskap aan vroue is dat hulle nie moet toelaat dat ouderdom hulle terughou of onderkry nie. Sy gebruik haarself as voorbeeld en sê boerdery hou haar jonk en gesond.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.