Agriculture
Landbounuus-podcast: Vrystaters gewaarsku teen veldbrande─── ELSABÉ RICHARD 14:07 Fri, 27 Aug 2021
Vrystaatse inwoners word gewaarsku om hul bewustheid van moontlike veldbrande te verhoog.
Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Weerdienste 'n waarskuwing oor ongunstige weersomstandighede vanaf Donderdag 26 Augustus tot Sondag 29 Augustus uitgereik het. Volgens die bedryfsbestuurder van die Vrystaatse sambreelbrandbeskermingsvereniging, Jan de Villiers, is 'n waarskuwing vir hoë brandgevare uitgereik vir die westelike dele van die Vrystaat. De Villiers voeg verder by dat koue toestande gedurende die naweek verwag word. Hy sê sterk winde met ontwrigtende sneeu kan ook in die oostelike dele van die Vrystaat verwag word.
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het, om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R41,30 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R38,41 en speenkalwers oor 250kg het teen R36,50 per kg verkoop.
EN
Die Covid-19 pandemie het 'n negatiewe impak op Boere Droogtehulp SA NPC se vermoë om boere wat in nood verkeer te kan help. Chris van Beljon, stigter van die organisasie, sê hulle het veral die afgelope paar maande minder skenkings van die publiek ontvang. Hy deel dat die organisasie nou op 'n punt is waar dit nie die publiek kan help soos voorheen nie. Die organisasie kon in 2019 en 2020 elke maand groot hoeveelhede skenkings in verskillende dorpe aflewer, maar kon vanjaar net een groot skenking doen.
OFM-nuus
