Agriculture
Landbounuus-podcast: Insetkoste vir somergraan-oes 18% hoër─── ELSABÉ RICHARD 14:50 Wed, 01 Sep 2021
Insetkoste vir die 2021/22-somergraan-oes is sowat 18% hoër.
Landbou.com berig ná maande se opwaartse aanpassings vir die mielieoes is die jongste oesskatting ’n raps laer. Die nasionale oesskattingskomitee (NOK) se sewende oesskatting vir somergraan raam Suid-Afrika se kommersiële mielieoes op 16,316 miljoen ton. Dit is 0,7% of 114 850 ton minder as die vorige skatting van 16,431 miljoen ton einde Julie. Die verwagte opbrengs is 5,92 ton per hektaar. Tog is die geskatte 2020/21-mielie-oes steeds 7% groter as die 2019/20-oes. Dit is die naasgrootste oes nog ná die 16,8 miljoen ton in 2017/18. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, gaan na verwagting 84% van die 2021-oes produseer, sê die NOK. Die groot oes word hoofsaaklik toegeskryf aan gunstige weersomstandighede en ’n 6%-styging in die oppervlakte wat met mielies beplant is.
Suid-Afrika se ekonomie kan negatief geraak word deur nul vergoeding vir eiendom. Volgens Annelize Crosby, Agri SA se hoof van Grondsake, het die organisasie ‘n studie laat doen om te kyk na die potensiële impak wat dit op die land se ekonomie kan hê. Sy sê die studie is deur dr. Roelof Botha uitgevoer. Die studie het bevind dat nul vergoeding vir eiendom, soos gestipuleer in die onteieningswetsontwerp, negatief kapitaalvorming sal inwerk. Dit beteken dat wanneer beleggers onseker is oor die ekonomie, sal hulle nie belê nie.
EN
Vanjaar se bogemiddelde appel-en peeroeste dra by tot ? baie goeie uitvoerseisoen, met 24,55 miljoen kartonhouers appels en 12,59 miljoen kartonhouers pere wat tot dusver uitgevoer is. Volgens Senwes sê die Wes-Kaapse minister van landbou, dr Ivan Meyer, is die verwagting dat Suid-Afrika vanjaar ? rekordvolume appels en pere sal uitvoer. Ongeveer 42,55 miljoen kartonhouers appels en 17,47 miljoen kartonhouers pere sal na alle waarskynlikheid uitgevoer word, wat onderskeidelik ? 16% en 4% groei op verlede jaar se syfers verteenwoordig. Meyer is wel bekommerd oor moontlike struikelblokke soos onvoorsiene weersomstandighede, toerusting wat onklaar kan raak en ? tekort aan vraghouers.
OFM-nuus
