On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS Landbou skenk voorraad aan boere

───   11:36 Thu, 30 Sep 2021

Landbounuus-podcast: VS Landbou skenk voorraad aan boere | News Article
File image

Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het meer as ‘n miljoen rand se hulp en voorrade aan boere in die Gariep-distrik bewillig wat deur verwoestende veldbrande geraak is.


Meer as ‘n 100-duisend hektaar weiding is vernietig. Die SABC berig verder die brandbestryders het gister nog gesukkel om veldbrande op plekke onder beheer te bring. Die LUR, William Bulwane, sê die aanbeveling is om twee gebiede – by Boshof en Ventersburg – tot rampgebiede te verklaar. Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele sake is besig om verslae saam te stel oor die skade wat aangerig is. Bulwane het boere wat deur veldbrande in die Edenburg-omgewing geraak is, besoek. OFM-nuus se Elsabé Richard het vroeër berig die departement sê in 'n verklaring skade as gevolg van die brande het onder meer wild, vee en infrastruktuur op plase, soos geboue, ingesluit.

As jy diegene wat die brande in Sentraal Suid-Afrika bestry wil help, kan jy gebottelde water en verseelde kos, soos toebroodjies en energiestafies, by jou naaste brandweerstasie afgee.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,06 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R39,50 en speenkalwers oor 250kg het teen R38,14 per kg verkoop.



OFM-nuus/SABC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.