Agriculture
Landbounuus-podcast: Drie vas vir veediefstal in Noord-Kaap─── ELSABÉ RICHARD 14:11 Tue, 09 Nov 2021
Drie verdagtes is in Upington in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle Maandag in die vroeë oggendure in besit van sewe vermoedelik gesteelde skape betrap is. Die geskatte straatwaarde van die skape is R14 000.
Die polisie se misdaadvoorkomingseenheid het inligting van 'n bakkie met skape ontvang, waarna die veediefstaleenheid se hulp ingeroep is. Die verdagtes, wat 17, 21 en 29 jaar oud is, is toe in hegtenis geneem en nadere ondersoek het hulle na die eienaar van die skape gelei. Daar is in die proses op 'n voertuig beslag gelê terwyl die drie binnekort in die Upington-landdroshof op klagte van veediefstal gaan verskyn. OFM-nuus het vroeër berig dat Isabel Kruger, voorsitter van die Veediefstal-voorkomingsforum in die Vrystaat, boere gewaarsku het dat veediefstal gewoonlik hierdie tyd van die jaar toeneem. Sy maan boere om op hulle hoede te wees.

EN
Waterreghouers het die reg om watergebruiksregte oor te dra ingevolge die bepalings van die Nasionale Waterwet. Luidens landbou.com het die Appèlhof bevind dat dit nie verbode of onwettig is om handel te dryf in sodanige regte nie. Die uitspraak is gelewer deur regter Clive Plasket namens ’n meerderheid van die Appèlhof-regters, met ’n minderheidsuitspraak deur regter Tati Makgoka. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Pretoria drie aansoeke - deur die Lötter- en Wiid-boerdery, asook die Suid-Afrikaanse Vereniging van Watergebruikersverenigings - vir ’n verklarende bevel oor die korrektheid van ’n omsendbrief deur die Departement van Water en Sanitasie van die hand gewys het. In die omsendbrief wat in Januarie 2018 uitgestuur is, het die departement bepaal dat watergebruiksregte nie oorgedra mag word nie. Agri SA het van die begin af die regskoste in die Lötter- en Wiid-sake met geld uit sy Vrywillige Waterfonds gedek.
OFM-nuus