On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement waarsku teen hondsdolheid

───   ELSABÉ RICHARD 14:15 Thu, 25 Nov 2021

Landbounuus-podcast: Departement waarsku teen hondsdolheid  | News Article

Die Nasionale Departement van Landbou waarsku plaaslike inwoners en vakansiereisigers teen hondsdolheid in hoërisikogebiede in die land.

Die departement sê in 'n verklaring dat hondsdolheid veral in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en in die Oos-Kaap voorkom, asook die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho. Die publiek word aangeraai om nie rondloperhonde en -katte van hierdie gebiede te nader of op te tel nie. OFM-nuus se Elsabé Richard berig dat mense aangemoedig word om eerder rondloperdiere by plaaslike welsynsowerhede aan te meld en dié organisasies te ondersteun in die versorging van sulke diere.

’n Waarskuwing vir sterk winde wat in dele van die Noord-Kaap kan voorkom is deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik. Die waarskuwing is vir Port Nolloth, Pofadder, Calvinia, Kleinzee en Hondeklipbaai uitgereik. Die weerdiens sê gelokaliseerde skade aan formele en informele nedersettings is moontlik. Daar is ook 'n moontlikheid vir die ontstaan en verspreiding van wegholveldbrande. Verder het OFM-nuus vroeër berig dat volgens Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, bestaan daar ook 'n goeie kans dat die suidwestelike gebiede van die Noord-Kaap die komende naweek reën sal ervaar.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R43,33 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R40,44, en speenkalwers oor 250kg, teen R38,77 per kg verkoop het.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.