Agriculture
Senwes-groep doen verslag oor gunstige tussentydse resultate─── 09:00 Wed, 08 Dec 2021
Die finansiële resultate van die Senwes Groep weerspieël ? 47,8% toename in omset ten bedrae van R5,2 miljard (2020: R3,5 miljard), terwyl verdienste voor rente, depresiasie en amortisasie van R511 miljoen tot R533 miljoen toegeneem het.
Volgens Strydom het die groep se wesensverdienste sy vorige rekordlopie van R224 miljoen met 35,3% tot R303 miljoen oorskry. Kontantvloei gegenereer uit bedryfsaktiwiteite beloop R548 miljoen – 24,5% hoër as die R440 miljoen wat gedurende die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar gegenereer is, voeg hy by.
“ ? Uitsonderlike landbouproduksie-en kommoditeitspryssiklus, tesame met die ontsluiting van sinergieë uit samesmeltings en die herorganisasie van die groep se sakemodel, het rekordresultate vir die eerste ses maande van die finansiële jaar tot gevolg gehad,” sê Strydom.
Ander finansiële hoogtepunte is ? tussentydse dividendverklaring van 34 sent per aandeel (2020: 32 sent/aandeel) terwyl die netto batewaarde van die groep met 10,7% tot R18,04 per aandeel toegeneem het. ? Genormaliseerde wesensverdienste per aandeel van 185,7 sent is in die eerste ses maande gelewer, wat 21,6% hoër is as die 152,7 sent/aandeel vir die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar, verduidelik hy.
Ter aflsluiting verduidelik Strydom dat hoë reënval en gunstige grondvogvlakke ? goeie seisoen tot gevolg behoort te hê. Hy voeg by dat daar voorsien word dat die uitvoer van graankommoditeite sal toeneem, wat waarskynlik laer graanoordragvoorraad vir die volgende seisoen tot gevolg sal hê.
In terme van die groep, is Senwes daartoe verbind om sy strategiese diversifikasiedryf na laer risikomarkte voort te sit.
OFM News/Lee Simmons
