On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Derde kwartaal 2021-insinking in landbou 'n verrassing, nie 'n bekommernis nie

───   16:09 Thu, 09 Dec 2021

Derde kwartaal 2021-insinking in landbou 'n verrassing, nie 'n bekommernis nie | News Article

Die BBP-syfer het ‘n 1,5% inkrimping in ons totale ekonomie getoon, soos gister deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel. Die daling van 13,6% in die landbousektor het ook tot hierdie inkrimping bygedra.

Hy sê “die BBP-syfer, wat ‘n 1,5% inkrimping in ons totale ekonomie getoon het, wat gister deur Statistiek Suid-Afrika vrygestel is, is nie werklik 'n verrassing nie. Dit is natuurlik op die rug van die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng, maar ook as gevolg van inperkingsmaatreëls in die derde kwartaal van 2021. Wat wel 'n verassing is, is die skerp afname in die groei in landbou, wat 'n 13,6% inkrimping getoon het”.

Hy verduidelik dat dit altyd baie moeilik is om kwartaal-tot-kwartaal syfers met mekaar te vergelyk in die landbousektor as gevolg van die seisoenaliteit daarvan. Dit kan baie afhang van wanneer die oes inkom, byvoorbeeld die mielie-oes. Die grootste gedeelte daarvan is waarskynlik in die tweede kwartaal reeds geoes en dit het nie oorgevloei na die derde kwartaal nie, dui Maree aan.

“Aan die ander kant het ons in die derde kwartaal baie goeie uitvoersyfers in byvoorbeeld die sitrusbedryf gesien. So hierdie was werklik 'n verrassing vir die landbousektor,” vertel Maree.

Hy voeg by dat ons ook in ag moet neem dat dit van 'n redelike goeie basis af kom en dat dit ook dan vir hom verder 'n aanduiding is dat daar nie 'n rede tot kommer in die landbousektor is nie.

“As 'n mens gaan kyk na die totale groei oor die jaar, dan verwag ons nog steeds positiewe groei vir die landbousektor - in die omgewing van 7-8% - wat voorspel word,” sê hy.

Ter slotte sê hy “as ‘n mens kyk na die toekoms, na die vierde kwartaal, sowel as volgende jaar, lyk die produksie-omstandighede baie positief, gegewe die reënval wat ons gekry het.

Daarom is ons baie positief oor die landbousektor en verwag ons steeds 'n positiewe groei en ook 'n positiewe bydrae tot die totale ekonomie in Suid-Afrika”.

 

OFM News/Lee Simmons

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.