Agriculture
Landbounuus-podcast: Onteiening vir eers nie meer deel van SA politiek nie - Kenner─── ELSABÉ RICHARD 13:48 Mon, 13 Dec 2021
Onteiening sonder vergoeding is vir eers nie meer deel van die politieke proses in Suid-Afrika nie.
Dit is volgens Theo Venter, 'n onafhanklike politieke analis. Hy sê die besluit wat op 7 Desember vanjaar in die Parlement geneem is - om nie die 18de wysiging van die grondwet te aanvaar nie deurdat dit nie die vereiste twee-derde meederheid bereik het nie - se aanvoorwerk het eintlik reeds in 2017 begin. Meyer sê dit was toe die ANC besluit het dat onteiening sonder vergoeding moontlik moet wees in terme van die Suid-Afrikaanse Grondwet. Hy deel verder dat die onteieningsklousule in die grondwet onverandered bly en dat die onteieningswet, wat daardie klousule in werklikheid operasioneel maak, voortgaan. Dit, terwyl hierdie onteieningswet eersdaags in die Parlement ter tafel gelê en waarskynlik aanvaar sal word. Dit is 'n gekonsolideerde weergawe van verskeie onteieningswette wat in die Suid-Afrikaanse wetboek staan.
‘n Suid-Afrikaner wat tans in Ethiopië boer, Gehard Meyer, moedig mede Suid-Afrikaanse boere aan om hulle vlerke te sprei en in Afrika te investeer. Meyer, wat nou reeds vir sewe jaar in Ethiopië boer, sê alhoewel die landboutoestande daar baie gunstig is, is daar uitdagings, veral rondom infrastruktuur. Sy pad met landbou het begin toe hy by die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste aangesluit het én so ‘n landbou-beurs gekry het. Hy het op dié departement se plaas geboer en daarna besluit om sy vlerke te sprei.
EN
Agri SA verwelkom die aanstelling van Sean Phillips by die Departement van Water en Sanitasie. Janse Rabie, hoof van Natuurlike Hulpbronne by Agri SA, sê Phillips het meer as 20 jaar ervaring in senior bestuursposisies in die regering met kundigheid in onder meer diensleweringverbetering, staatsdiensbestuur en -administrasie. Agri SA hoop dat die aanstelling van Phillips as Direkteur-Generaal, sal help om stabiliteit te bring in 'n departement wat so belangrik is vir die landbousektor.
OFM-nuus
