On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Pogings om gestrande perd te red duur voort

───   ELSABÉ RICHARD 13:48 Tue, 04 Jan 2022

Landbounuus-podcast: Pogings om gestrande perd te red duur voort  | News Article

Meer hulp is aangebied in 'n poging om 'n perd te red wat in die middel van 'n eiland in die Vaalrivier, net buite Barkley-Wes in die Noord-Kaap gestrand is, ná onlangse swaar reën.

Die perd is sedert Saterdag 1 Januarie gestrand. Wendy De Villiers, wat deel vorm van die reddingspan, het aan OFM-nuus bevestig dat 'n reddingspesialis van Johannesburg, wat gister gepoog het om die dier te red, onsuksesvol was weens stygende watervlakke. Sy voeg verder by dat die spesialis, die DBV, veeartsenydienste in die gebied, en die eienaar van die perd onverpoosd deur die dag gespook het om die dier te red. Swak weerstoestande sowel as die toenemende sterk stroom het egter hul reddingspogings belemmer, sê de Villiers. Sy voeg by dat enige vorm van bystand welkom sal wees, en dat persone wat moontlik kan help haar kan kontak by 082 494 7524. Hierdie is 'n ontwikkelende storie.

Die Departement van Water en Sanitasie het gister twee bykomende sluise van die Vaaldam geopen om te help met vloedbestuur van die dam. Volgens die woordvoerder van die departement, Sputnik Ratau, was die Vaaldam Vrydag op 107,4% en gisteroggend op meer as 111%. Daar is nou altesaam vier sluishekke oop, en hulle sal oop bly totdat verdere aktiwiteit vereis word. Ratau sê die opening van die sluishekke sal die infrastruktuur teen ineenstorting beskerm.

EN

’n Boer van die Bosveld het trane van blydskap in sy oë gehad toe hy op Nuwejaarsdag ’n sesling ryker geword het. Netwerk24 berig een van Johan Marais se boerbok-ooie het ’n sesling gelam – iets wat sover bekend ’n baie seldsame verskynsel onder boerbokke is. Marais is ’n sakeman van Mahikeng in Noordwes wat op die plaas Jagersfontein boer. Hy sê hy het die vierjarige stoetooi op 9 Oktober verlede jaar van die Mariaan du Toit-stoetery buite Bloemfontein op ’n veiling in Vryburg gekoop. Sy was reeds dragtig met die ram Joko, wat kort daarna dood is.  Die sesde lam van dié ooi is Maandag ongelukkig kort ná geboorte dood. Sy was baie klein. Die oorlewende vyf was vier ooitjies en een rammetjie.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.