On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Werkbeserings op plase – hier's wat jy moet weet

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 20 Jan 2022

Werkbeserings op plase – hier's wat jy moet weet | News Article

Werkbeserings op plase moet binne ‘n tydperk van sewe dae by die Departement van Indiensneming en Arbeid aangemeld word.

Beserings wat aangemeld moet word, sluit in gevalle waar werkers hul bewussyn of hul lewe verloor het, sowel as gevalle waar werkers ‘n ledemaat verloor het. 

Sien onderstaande PODCAST

Stephan Pietersen, stigter van Work Accident Support, verduidelik dat volgens die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, moet alle werkbeserings ook aan die vergoedingsfonds aangemeld word.

Wat Covid-19 betref, sê Pietersen: “Dit is baie belangrik, ook nou in die tye waarin ons leef, het baie mense Covid in die werkplek opgedoen. Dit word geag as ‘n beroepsiekte en sulke gevalle moet ook by die inspekteur aangemeld word.”

Om te verseker dat boere en ander besighede regoor Suid-Afrika aan die nodige vereistes voldoen, kan beroepsgesondheids- en veiligheidsinspekteurs enigte tyd opdaag sonder kennisgewing. Pietersen sê hierdie inspeksies is om die gesondheid en veiligheid van werkers in die werksplek te verseker en soms omdat werkers op ‘n plaas klagte by die departement van indiensneming en arbeid gaan lê het.

Inspekteurs is egter deesdae geneig om die boere self in kennis te stel van hulle besoek óf hulle stel Agri SA se provinsiale affiliate in kennis, wat dan die boodskap aan boere oordra.

Die vergoedingsfonds het gedurende die afgelope paar jaar sowat 500 nuwe inspekteurs in diens geneem om te verseker dat besighede aan die arbeidswetgewing voldoen.


Van die belangrikste vereistes waaraan boere moet voldoen, sluit die volgende in:

  • Volgens die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en siektes moet alle boere met die vergoedingsfonds geregistreer wees om werkers te dek teen werkbeserings.
  • Ná registrasie by die vergoedingsfonds moet boere jaarliks loonopgawes voltooi en indien. Loonopgawes kan nou elektronies aanlyn op ‘n jaarlikse basis ingedien word.


Pietersen stel boere ook in kennis dat indien hulle die direkteur van die boerdery is en ‘n salaris hieruit verdien, moet hulle ook dié salarisse verklaar wat sal verseker dat hulle ook kwalifiseer vir vergoeding in terme van die wet.

Indien jy enige vrae het of meer oor hierdie onderwerp wil weet, kontak Pietersen by 064 360 2638 of stuur ‘n epos na support@workaccident.co.za. Besoek www.workaccident.co.za vir meer inligting.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.