News

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 21 Jan 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend aansienlik sterker verhandel met 'n styging van 1,8%. Dit kan toegeskryf word aan sterk etanolvraag tesame met stygende petrolpryse (weens oliepryse wat ook klim) wat mieliepryse in die VSA dwing om te klim.

SAGIS het Woensdag die weeklikse produsenteleweringsverslag vrygestel en getoon dat in die week wat op 14 Januarie geëindig het, 'n totaal van 11 765 ton mielies gelewer is. Verlede week se totale mielie-lewerings het 5 504 ton geel mielies en 6 261 ton witmielies behels. 

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het gisteroggend met 'n aansienlik sterker neiging vir beide wit- en geelmielies verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R36/ton (+ 1%) sterker verhandel en teen R3 541/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R66/ton (+ 1,9%) sterker verhandel en teen R3 612/ton gesluit.


Sojaboon:

Die CBOT-sojabone kontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend aansienlik sterker verhandel met 'n 2,2%-styging. Oestoestande in Brasilië en Argentinië is aan die opswaai ná ’n langverwagte reënerige naweek.

SAGIS het Woensdag die weeklikse produsente-leweringsverslag vrygestel en getoon dat in die week geëindig 14 Januarie, 'n totaal van 2 103 ton sojabone gelewer is. Die totale sojabone-lewerings vir 2021/22, wat in sy 46ste bemarkingsweek is, het 1 851 860 ton beloop. Die binnelandse sojaboonkontrakte het gisteroggend in die groen geopen. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R46/ton (+ 0,6%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 906/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het gisteroggend sterker verhandel met 'n styging van 3,6%. Potensiële konflik tussen die Oekraïne en Rusland gaan voort om hierdie week opslae te maak wat 'n groot faktor is in die dryf van die koringprys.

SAGIS het Woensdag die weeklikse produsenteleweringsverslag vrygestel en getoon dat in die week wat op 14 Januarie geëindig het, 'n totaal van 23 383 ton koring gelewer is. 

Die totale sojabone-lewerings vir 2021/22, wat in sy 16de bemarkingsweek is, het 2 024 229 ton beloop. 

Die binnelandse koringkontrakte het geopen met 'n sterker tendens in die kontrakpryse. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R45/ton (+ 0,76%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R5 945/ton.


OFM-nuus


@ 2022 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.


  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal