Agriculture
SA wolmark se versterking toegeskryf aan kleiner aanbieding, verswakking in Rand─── 05:00 Fri, 04 Feb 2022
Vandeesweek se versterking van die Suid-Afrikaanse wolmark kan toegeskryf word aan die verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, sowel as die heelwat kleinder aanbieding, in vergelyking met die vorige veiling.
Sien onderstaande PODCAST
Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die volume wol wat hierdie week in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 9,1% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Dit wil voorkom dat die rede hiervoor die langdurige droogte van die afgelope paar jare is, sê Victor.
Hy deel dat volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, weer eens goeie aandag geniet tydens die veiling. Dit, terwyl gesertifiseerde wol ook beter presteer het as die markgemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 9 Februarie 2022 geskeduleer.
OFM-nuus
