On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boeregemeenskappe sal ingesluit word in 2022-sensus

───   ELSABÉ RICHARD 14:17 Thu, 03 Feb 2022

Landbounuus-podcast: Boeregemeenskappe sal ingesluit word in 2022-sensus | News Article

Boeregemeenskappe sal nie buite rekening gelaat word wanneer amptenare van Statistieke Suid-Afrika opnames doen rakende bevolkingsgroeivlakke, met die aanvang van die 2022-sensus nie.

Die SAUK berig Statistieke Suid-Afrika se Nthabiseng Chakela Situlo sê amptenare in die Vrystaat het reeds begin om boere, plaasbewoners, haweloses en diegene wat in transito is, asook diegene wat in spesiale instellings en hospitale woon, te tel. Vrystaat Landbou sê hulle het saam met amptenare van Statistieke Suid-Afrika gewerk om boere aan te moedig om aanlyn te registreer om getel te word.

Die Wet op Beroepsbeserings en Siektes verdeel die landboubedryf in vier sub-klasse en elkeen van hierdie sub-klasse het sy eie tarief. Stephan Pietersen, stigter van Work Accident Support, sê tariewe is gegrond op die risiko wat geassosieer word met die aard van die sub-klas. Pietersen sê tariewe is in 2020 hersien en sal oor ‘n vyf jaar tydperk ingefaseer word, en benadruk die belangrikheid dat alle boere by die Vergoedingsfonds moet registreer om ten einde werkers, wat seisoenwerkers insluit, teen werksbeserings te dek. Die sub-klasse is veeboerdery, grondbewerking en bosbou, gemengde boerdery en suiker en teeboerdery.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R44,52 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R42,23, en speenkalwers oor 250kg, teen R40,66 per kg verkoop het.





OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.