On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Groep pak ses-dag staptog aan vir #Droogtehulp

───   ELSABÉ RICHARD 16:19 Thu, 10 Feb 2022

Groep pak ses-dag staptog aan vir #Droogtehulp | News Article
Foto: Droogtehulp - NG Kerk Noord-Kaapland (Facebook)

Droogtehulp is steeds 'n noodsaaklikheid vir boere in sommige dele van die land.

Selfs ná voortdurende reënval wat die afgelope maande in die land voorgekom het, duur uitdagings weens jare lange droogte in sekere gebiede steeds voort. 

Maar Samaritane gaan steeds volstoom voort om hierdie gemeenskappe deur middel van droogtehulp-inisiatiewe te ondersteun. 

Sien onderstaande PODCAST

‘n Ses-dag staptog, genaamd Stargazing Camino, word vanaf 5 tot 13 Maart deur 20 stappers aangepak in ‘n poging om droogtehulpfondse vir gemeenskappe wat dit broodnodig het, in te samel, sowel as om die publiek bewus te maak van die uitdagings wat hierdie gemeenskappe weens die droogte in die gesig staar, deel ds. Nioma Venter, Predikant in Sinodale diens: Diaconia.

Sy sê hierdie gemeenskappe sluit in Beaufort-Wes, Fraserburg, Leeu-Gamka, Merweville, Prins Albert, Victoria-Wes en Richmond.

Die staptog bestaan uit ’n 108km staproete tussen Sutherland en Merweville.

“Die mikpunt vir die fondsinsameling is ‘n minimum van R600 000. Alle fondse sal met oorleg en deursigtigheid in die betrokke gemeenskappe verdeel word. Hierdie proses sal in noue samewerking met die plaaslike VGK-gemeentes geskied.”

Hierdie droogtehulp-inisiatief volg nadat 12 stappers van Caritas Gemeenskapsfokus saam met Amoré Bekker verlede jaar die Boesmanland Camino aangedurf het om fondse in te samel vir die ‘Red ‘n Plaas’-projek. Verlede jaar se staptog was in samewerking met die NG Kerk in Noord-Kaapland, Diaconia, Agri Noord-Kaap, Kerk Sonder Mure asook die Studente-droogtehulpfonds om bewusmaking te skep oor die humanitêre en geestelike nood in die Noord-Kaap en omliggende gebiede.

Vir verdere navrae, stuur 'n e-pos aan diaconia@kaapkerk.co.za.


Bankbesonderhede:
Rekeningnaam: Diaconia
Bank: Nedbank
Rekeningnommer: 1135900337
Takkode: 198765
Verwysing: Naam van individu/gemeente + STARGAZING


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.