On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 14 Feb 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark kon nie sy sterk prestasie van Donderdag voort sit nie.

Die prys het met 0,75% geval vanaf die vorige verhandeling sessie. Oorspoel swakheid vanaf verskeie kommoditeite het die prys verder afgedruk.

Plaaslik: Die plaaslike mark het ‘n negatiewe sessie ervaar met beide wit- en geelmielies wat klein verliese toon. Geelmielies het darem hier en daar klein winste getoon ook.

Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie 2022 R4/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 755/ton te sluit. Die witmieliekontrak het vir lewering in Julie R7/ton laer verhandel om teen R3 631/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonpryse het die vorige sessie sterk begin maar die mark het gedraai weens inflasie vrese wat ‘n rondte tegniese verkope tot gevolg gehad het.

Alhoewel die prys verswak het bly die fundamentele positief.

Plaaslik: Die plaaslike mark het effense winste getoon in Donderdag se sessie na ‘n sterk vertoning in die Amerikaanse mark van die vorige sessie.

Die sojaboon Februarie ’22-kontrak het R 25/ton hoër verhandel teen R8 825/ton. Die sojaboon Maart ’22-kontrak het R27 hoër teen R8 742/ton verhandel. Die sojaboon Mei ’22-kontrak het teen R8 700/ton, R40 hoër verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het baie swak gevaar in die vorige sessie nadat swak uitvoerdata en oorspoel swakheid vanaf mielies en sojabone gelei het na ‘n rondte tegniese verkope wat die prys af forseer het.

Franse koringproduksie is 21,4% hoër as die vorige seisoen. Frankryk is Europa se voorste koring uitvoerder.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het nederige winste gesien in vier uit die vyf gelyste kontrakte.

Die koring Februarie '22-kontrak het teen R5 970/ton verhandel. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 065/ton verhandel.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.