On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 17 Feb 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: OFM-nuus

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Woensdagoggend swakker verhandel met 'n daling van 2,7%.

Die Amerikaanse Energie-inligtingsadministrasie het hul weeklikse etanolproduksieverslag vrygestel, wat aangedui het dat Amerikaanse etanolproduksie week-op-week afgeneem het. Dit het die eerste keer in vyf weke onder die een miljoen vatmerk verhandel.

Die plaaslike Safex-mieliekontrakte het Woensdagoggend met 'n gemengde neiging vir wit- en geelmielies verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R2/ton (- 0,06%) laer verhandel en teen R3 627/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R22/ton (- 0,58%) swakker verhandel en teen R3 745/ton gesluit.


Sojaboon:

Die CBOT-sojabonekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Woensdagoggend merkbaar swakker verhandel met 'n prysdaling van 1,2%. Die week-op-week sojaboonprys het ook 'n effense daling van 0,1% gehad.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Woensdagoggend gemeng verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R1/ton (+ 0,01%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R8 615/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Woensdagoggend gedaal met 'n merkbare 2,5%-daling.

Die binnelandse koringkontrakte het Woensdagoggend gemeng verhandel vir meeste van die naaste kontrakmaande. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R20/ton (- 0,33%) laer verhandel om uiteindelik op R5 960/ton te sluit. 


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.