On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Michael
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 18 Feb 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend sterker verhandel met 'n styging van 1,4%.

Die plaaslike Safex-mieliekontrakte het Donderdagoggend met 'n algemene opwaartse neiging vir wit- en geelmielies verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R10/ton (+ 0,28%) hoër verhandel en teen R3 636/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R8/ton (+ 0,21%) sterker verhandel en teen R3 755/ton gesluit.

SAGIS het die weeklikse produsente-leweringsyfers vir die week, wat op 11 Februarie eindig, bekend gemaak. Altesaam 10 384 ton witmielies is verlede week gelewer. Die totale witmielies wat tot verlede week kommersieel ontvang is, wat die 41ste produksieweek van die seisoen was, het 7 935 011 ton beloop.

Vir geelmielies is 'n totaal van 20 129 ton verlede week gelewer. Die totale geelmielies wat tot verlede week kommersieel ontvang is, wat die 41ste produksieweek van die seisoen was, het 6 761 475 ton beloop.

Die totale mielies wat vir die huidige bemarkingseisoen gelewer is, beloop 14 696 486 ton.


Sojaboon:

Die CBOT-sojabonekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend sterker verhandel met 'n 2,3% prysstyging.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdagoggend in die gemeng verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R81/ton (+ 0,94%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R8 690/ton.

SAGIS het die weeklikse produsenteleweringsyfers vir die week, wat op 11 Februarie eindig, bekend gemaak. Altesaam is 2 739 ton sojabone gelewer. Die sojabone wat tot verlede week kommersieel ontvang is, wat die 50ste produksieweek van die seisoen was, het 1 862 330 ton beloop.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend met 'n marginale 0,1% gestyg.

Die binnelandse koringkontrakte het Donderdagoggend gemeng verhandel vir meeste van die naaste kontrakmaande. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R5/ton (+ 0,08%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R5 969/ton.

SAGIS het die weeklikse produsenteleweringsyfers vir die week, wat op 11 Februarie eindig, bekend gemaak. Altesaam 12 419 ton koring is gelewer. Die koring wat tot verlede week kommersieel ontvang is, die 20ste produksieweek van die seisoen, het 2 119 493 ton beloop.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus die mark se inligtingsblad. 


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.