On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Positiewe vertoning in SA wolmark ten spyte van versterking in Rand

───   05:00 Fri, 25 Feb 2022

Positiewe vertoning in SA wolmark ten spyte van versterking in Rand  | News Article
Foto: OFM-nuus

Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek positief vertoon ten spyte van ‘n 2% styging in die Rand teenoor die VSA-Dollar.

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê die Cape Wools Merino aanwyser het met 0,5% vir nie-RWS en 0,8% vir RWS wol gestyg, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R166.24/kg en R197.07/kg, onderskeidelik gesluit.

Hy sê die grootste verandering die week, was in die 22,5 mikron segment, met 'n algemene styging van 2,3%.

In totaal was daar 6 293 bale aangebied, waarvan 95,0% verkoop is.

“Op die OVK veiling is 1 797 bale aangebied, waarvan 97,9% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling, van R186,10/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 16,7 mikron, uit die skeersel van Maluti Wool & Mohair Centre  vanuit die Maseru distrik, Lesotho.

“Die koper was Tianyu SA,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 2 Maart 2022 geskeduleer. Maar hierdie datum mag dalk verander weens voortdurende logistieke uitdagings wat uitvoerders in die gesig staar.



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.