Agriculture
Hier is van jou hoof landboustories op OFM─── ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 25 Feb 2022
Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig vandeesweek se hoofstories op OFM uit...
Sien onderstaande PODCAST
Emerging farmers in the Phuthaditjhaba area in the Free State are bearing the brunt of stock theft. This is according to Free State Agriculture and the Red Meat Producers Organisation, RPO, who further concluded that these farmers receive little or no support from the police. OFM News’ Cathy Dlodlo reports the two organisations, along with other stakeholders as well as farmers, attended a stock theft imbizo in Qwaqwa. Nico Buys, chairperson of the RPO in the Free State, states that emerging farmers are dissatisfied with the service delivery of the police and also the stock theft unit. Complaints shared during the imbizo were about poor response time, poor attendance at crime scenes, little to no feedback on cases, and the fact that many criminals operate from Lesotho and are not arrested.
Agri SA verwelkom Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se aankondiging tydens die begrotingsrede dat daar in kritieke infrastruktuur belê gaan word in die nuwe finansiële jaar. Die organisasie sê die befondsing van veral SANRAL is ’n welkome aankondiging, asook die belegging in Suid-Afrika se waterinfrastruktuur, wat R2,1 miljard wat vir die vergroting van die Clanwilliamdam toegeken is, insluit. Daarmee saam het Agri SA ook die R5 miljard-gebeurlikheidsreserwes vir die Landbank, die besluit om nie die algemene brandstofheffing of die Padongelukkefondsheffing te verhoog nie, asook die korporatiewe belastingvermindering, wat in 2023 in werking tree, verwelkom.
The Western Cape's Department of Agriculture says no cases of African Swine Fever have been reported in George and Mossel Bay in the Southern Cape since January. The SABC reports the first incidents were reported in early January, and officials say an estimated 370 pigs died from the disease. The areas remain under quarantine while the local municipalities help to destroy the carcasses and disinfect the area. Nearly 120 pig farmers in the area attended an information day on African swine fever last week. The department is asking farmers to follow the guidelines on the destruction of carcasses that the State Veterinary Service has issued to municipalities.
EN
Dit is belangrik dat produsente seker moet maak dat hul boerderye onder die korrekte sub-klas by die Vergoedingsfonds geregistreer is. Hierdie sub-klasse is veeboerdery, gemengde boerdery, suiker en teeboerdery, sowel as grondbewerking en bosbou. Stephan Pietersen, stigter van Work Accident Support, sê die Wet op Beroepsbeserings en Siektes (COIDA) het die landboubedryf in vier sub-klasse verdeel en elkeen van hierdie sub-klasse het sy eie tarief. Pietersen sê tariewe is gegrond op die risiko wat geassosieer word met die aard van die sub-klas. Daar is ‘n voorgeskrewe vorm wat die boer moet invul om die sub-klas van sy besigheid te kan verander indien dit onder ‘n verkeerde een geregistreer is. Pietersen raai produsente aan om in kontak te kom met die regte persoon wat goeie agtergrond en kennis het en die regte inligting sal verskaf.
OFM-nuus
