On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   13:58 Wed, 02 Mar 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het vanoggend sterker verhandel met 'n styging van 6,1%. Dit is die tweede agtereenvolgende dag dat Amerikaanse mieliekontrakte met meer as 5% toegeneem het.

Wêreldwyd is markdeelnemers besig om die konflik tussen Rusland en die Oekraïne streng dop te hou.

Nagevolge van die aankondiging van die konflik tussen die Oekraïne en Rusland, het die plaaslike mieliekontrakpryse in die laaste week skerp opwaarts beweeg. Die uitvoersanksies wat teen Rusland ingestel is deur Amerika en ander lande, is die huidige drywer van die hoë pryse. Hierdie uitvoerbeperkings kan wêreldvoorrade ook streng beperk.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het vanoggend met 'n sterk opwaartse neiging vir beide wit- en geelmielies verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R130/ton (+ 3,41%) hoër verhandel en teen R3 947/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R130/ton (+ 3,26%) hoër verhandel en teen R4 115/ton gesluit.

Vanmiddag sal SAGIS die weeklikse invoer- en uitvoersyfers vir die week wat op 25 Februarie eindig, bekend maak.


Sojaboon:

Die CBOT-sojabonekontrakprys vir die naaste handelsmaand het vanoggend merkbaar sterker verhandel met 'n 3,7%-prysstyging.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het vanoggend aansienlik sterker in die groen verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R97/ton (+ 0,91%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R9 589/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het weer eens vanoggend sterker verhandel met 'n aansienlike styging van 7,9%.

Wêreldwye koringvoorrade word bedreig met die huidige konflik tussen Rusland en die Oekraïne. Albei lande is van die grootste uitvoerders van koring. Aanbodbedreigings kan aandrywers van bullish marksentiment wees.

Die binnelandse koringkontrakte het vanoggend in die groen verhandel vir meeste van die naaste kontrakmaande. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R190/ton (+ 2,89%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 840/ton.

Koringkontrakpryse het verlede week Donderdag skerp gestyg toe die nuus van die konflik tussen Rusland en die Oekraïne gebreek het. Huidige kontrakpryse verhandel steeds op die bullish tendens en verhandel nou baie naby aan die R7 000/ton merk.

Vanmiddag sal SAGIS die weeklikse invoer- en uitvoersyfers vir die week wat op 25 Februarie eindig, bekend maak.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.