Agriculture
Landbounuus-podcast: Reën waarskuwing vir Noord-Kaap, Noordwes en Vrystaat uitgereik─── ELSABÉ RICHARD 14:12 Thu, 03 Mar 2022
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms is deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens vir die oostelike dele van die Noord-Kaap en westelike dele van beide die Noordwes en Vrystaat uitgereik.
Die weerdiens waarsku oor moontlike oorstromings van paaie, laagliggende gebiede en brûe, asook plaaslike skade aan infrastruktuur, voertuie en vee. Dié waarskuwing volg nadat voortdurende reënval reeds groot skade aan paaie en gewasse in dele van sentraal Suid-Afrika aangerig het. Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, het voorheen aan OFM-nuus gesê dat brandgevare vanjaar baie hoog gaan wees, omdat baie reën voorgekom het en gras baie lank gegroei het.
Sowat 400 kleinskaalse produsente in die Vrystaat het ontwikkelings- en bestaansondersteuning van die nasionale Departement van Landbou ontvang sedert die uitbreek van die Covid-19-pandemie. Dié antwoord van die departement volg op 'n skriftelike vraag wat deur die EFF se Mothusi Montwedi gestel is, wat wou weet wat die totale aantal produsente in elke provinsie is wat bystand ontvang het. Die departement het verder gesê dat altesaam 14 315 klein- en kommunale boere landbou-ondersteuningsbewyse ontvang het - tot 'n maksimum van R50 000 - in die vorm van spesifieke landbou-insette wat hulle in staat sou stel om die 2020-winterproduksiesiklus te voltooi.
EN
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R43,16 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R41,04, en speenkalwers oor 250kg, teen R38,49 per kg verkoop het.
OFM-nuus
