On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Nersa se 9,61% elektrisiteitsverhoging moeilik vir landbou om te akkommodeer – Agri NK

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 07 Mar 2022

Nersa se 9,61% elektrisiteitsverhoging moeilik vir landbou om te akkommodeer – Agri NK | News Article

Die aankondiging dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) ‘n 9,61%-elektrisiteitsverhoging goedgekeur het, nadat Eskom aanvanklilk ‘n verhoging van 20,5% gevra het, is steeds vêr bo inflasie.

Dit is volgens Nicol Jansen, president van Agri-Noord-Kaap, wat sê hierdie verhoging is moeilik vir die landboubedryf om te akkommodeer. 

Sien onderstaande PODCAST

Jansen is van mening dat Eskom dringend sy opwekkingskapasiteit moet uitbrei, en dat die entiteit ook aandag moet gee aan sy transmissie- en verspreidingsnetwerke wat besig is om te verouder.

Hy het ook sy kommer uitgespreek oor onbeplande kragonderbrekings wat toeneem weens swaar reën en donderweer.

Vanuit ‘n landbouperspektief, sê Jansen, is selfs die huidige hoë inflasiekoers moeilik vir landbou om te akkommodeer, omdat dit “saam gelees moet word met ‘n 16%-styging in die nasionale minimumloon”. Kunsmispryse het ook ‘n styging van meer as 100% gesien, wat ook ‘n gat in produsente se beursies laat. Verder het dieselpryse, wat ‘n groot deel van insetkoste uitmaak, ook die hoogte ingeskiet.

OFM-nuus het voorheen berig dat Agri SA bekommerd is dat die 9,61%-elektrisiteitsverhoging nog meer druk op die landbousektor sal plaas.

Die nuwe tarief tree op 1 April 2022 in werking.

Dié besluit kom net 'n dag ná die begrotingsrede waarin Minister van Finansies, Enoch Godongwana, ’n verhoging in ’n verskeidenheid belastings en aksyns aangekondig het.

Agri SA sê kumulatief kan hierdie verhogings net die vermoë van die sektor belemmer om van die gevolge van die Covid-19 pandemie die afgelope twee jaar te herstel.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.