On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Produsente moet op die uitkyk wees vir valse inspekteurs

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 28 Mar 2022

Produsente moet op die uitkyk wees vir valse inspekteurs  | News Article
Elke provinsie het 'n provinsiale inspekteur. FOTO: OFM-nuus/Vrede.

Produsente moet op die uitkyk wees vir persone wat hulself voorgee as inspekteurs van die Departement van Indiensneming en Arbeid.

Dit is die waarskuwing van Stephan Pietersen, stigter van Work Accident Support, nadat drie verdagtes in Pretoria in hegtenis geneem is toe hulle hulself as inspekteurs voorgedoen het. 

OFM-nuus se Elsabé Richard het hieroor met hom gesels.

Sien onderstaande PODCAST

Suid-Afrika is 'n land met vele arbeidswette en in terme van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid en die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes het Inspekteurs van die Departement van Indiensneming en Arbeid ‘n plig om toe te sien dat produsente alle regulasies van die wette nakom.

Ongelukkig is daar diegene wat die situasie wil misbruik deur voor te gee dat hulle inspekteurs van die departement is.  

LEES OOK: Produsente moet loonopgawes by Vergoedingsfonds verklaar

Stephen weet jy van enige situasies waar die bogenoemde gebeur het?

'n Week of wat gelede is daar berig dat twee vroue en een man in hegtenis geneem is in Pretoria deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Die verdagtes het hulle voorgegee as inspekteurs van die Departement van Indiensneming en het by winkels omgegaan en werkloosheidsversekeringsdokumente vanaf eienaars bekom.

Volgens die departement kan inspekteurs geïdentiseer word deur 'n inspekteur-identifikasiekaart met die departement se embleem, asook die uniforms wat hulle dra.  

Elke provinsie het 'n provinsiale inspekteur en enige produsent wat ooit 'n inspeksie sou kry en sekerheid wil bekom, kan altyd daardie inspekteur skakel.  

Buiten hierdie gevalle is daar enigiets anders waarvoor produsente moet uitkyk?

Soos ons weet, is die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika baie hoog en partykeer is daar ongelukkig gevalle waar werksoekers dokumente soos werkspermitte vervals.

Produsente moet seker maak dat die dokumente wettig is want indien iemand wat op 'n plaas werk met 'n vervalste werkspermit in hegtenis geneem word, kan die produsent ook in die moeilikheid beland.

Onlangs het daar ook gevegte uitgebreek tussen plaaslike en buitelandse plaaswerkers in Robertson in die Wes-Kaap. Daar word vermoed dat die buitendelandse werkers nie wettige papierwerk het om op die plase te werk nie. Dit is hier waar die produsent 'n verantwoordelikheid het om seker te maak dat alle werkers wat hulle aanstel, die nodige wettige dokumente besit.  

LEES OOK: CompEasy – Die vergoedingsfonds se aanlynstelsel

Waarvoor is die inspeksteurs verantwoordelik?

Inspekteurs is verantwoordelik daarvoor om toe te sien dat produsente aan alle aspekte in terme van die volgende wetgewing voldoen:

  • Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
  • Werkloosheidversekering
  • Gelyke Indiensneming
  • Beroepsgesondheid en Veiligheid
  • Vergoeding op Beroepsbeserings en Siektes  

Hoeveel inspeksies word jaarliks gedoen?

Vir die 2020/21 finansiële jaar was daar amper 178 500 inspeksies gedoen waarvan die meeste in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Oos-Kaap gedoen is.  

Van die inspeksies wat gedoen is, het 76% van die besighede die regulasies nagekom en kennisgewings is uitgereik aan 94% van die besighede wat nie aan die regulasies voldoen het nie.  

'n Bietjie meer as 2 900 besighede is verwys vir vervolging nadat hulle versuim het om aan kennisgewings wat verval het, te voldoen.  

Gepraat van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes, waarop fokus inspekteurs hier?

Hopelik weet baie produsente dat dit amper daardie tyd van die jaar is dat hulle loonopgawes moet inhandig.

Inspekteurs, normaalweg, wil 'n afskrif van die loononopgawe-vorm bekom, bewys van die rekening wat uitgereik is deur die Vergoedingsfonds, die bewys van die betaling wat die produsent gemaak het, of die betalingsooreenkoms en die brief van Goeie Stand.

Indien jy enige vrae het of meer oor hierdie onderwerp wil weet, kontak Pietersen by 064 360 2638 of stuur ‘n epos na support@workaccident.co.za. Besoek www.workaccident.co.za vir meer inligting.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.