On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Bek-en-klouseer inligtingsessie op Nampo Park

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 05 Apr 2022

Bek-en-klouseer inligtingsessie op Nampo Park  | News Article
Die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het vandeesweek bevestig daar daar nou vyf plase in die provinsie is wat onder kwarantyn geplaas is. FOTO: OFM-nuus.

Produsente word uitgenooi om vanoggend op Nampo Park in Bothaville ‘n bek-en-klouseer inligtingsessie by te woon.

Sien onderstaande PODCAST

Die nasionale Departement van Landbou, tesame met onder meer die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), die Nasionale Opkomende Rooivleisprodusente-organisasie (NERPO), sowel as die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, vorm deel van dié inligtingsessie.

Dié openbare inligtingsessie, wat tot Dinsdagmiddag 13:00 sal voortduur, volg nadat positiewe bek-en-klouseergevalle in verskeie provinsies in Suid-Afrika bevestig is.

Een van hierdie provinsies is Noordwes. Die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het vandeesweek bevestig daar daar nou vyf plase in die provinsie is wat onder kwarantyn geplaas is.

Maatreëls is intussen in plek gestel om te verhoed dat bek-en-klouseer verder in Noordwes en na ander provinsies versprei. Dit is volgens Naudé Pienaar van Agri Noordwes.

LEES OOK: Rolspelers werk hard om bek-en-klouseer hok te slaan

Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, oftewel APAC, sê bek-en-klouseer het die potensiaal om ‘n ekonomie op sy knieë te dwing as dit nie onder beheer gebring word nie.

James Faber, die voorsitter van die nasionale RPO, se versoek aan produsente in die lewendehawebedryf is om gebruik te maak van hulle plaaslike veearts om enige verdagte dieresiektes aan te meld sodat ‘n ondersoek ingestel kan word en die nodige biosekuriteitmaatreëls geïmplementeer kan word.

LEES OOK: Samewerking is nodig om bek-en-klouseer hok te slaan

OFM-nuus het voorheen berig dat die Noord-Kaapse departement van landbou kennis geneem het van die gerapporteerde uitbreking van bek-en-klouseer in Noordwes en ander provinsies, en die departement het reeds noodvergaderings belê om volgens protokol te reageer.

Die departement sê in 'n verklaring veeartsenykundige beamptes is op bystand en sal onmiddellik toesig verhoog, veral by hoërisiko-veefasiliteite in die provinsie.

Boere word versoek om enige verdagte simptome onder vee by die naaste Staatsveeartsenykantoor aan te meld. Vee-eienaars word verder daaraan herinner dat bek-en-klouseer oorgedra word deur beeste van besmette persele na onbesmette terreine te verskuif. Daarom doen die departement 'n beroep op alle eienaars om nie diere te skuif as daar 'n vermoede van dié siekte is nie.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.