On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrystaat Landbou Departement ondersoek moontlikheid van bek-en-klouseer

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Tue, 05 Apr 2022

Landbounuus-podcast: Vrystaat Landbou Departement ondersoek moontlikheid van bek-en-klouseer | News Article

Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat ondersoek 'n moontlike, plaaslike uitbreking van bek-en-klouseer ná kennisgewing van verdagte verskuiwings van beeste uit die Noordwes- en Gauteng-provinsies.

Die departement sê in 'n verklaring twee plase in Viljoenskroon word ondersoek na aanleiding van die verkryging van diere op 'n plaas wat positief getoets het in Potchefstroom in die Noordwes, en ook die verkryging van beeste van 'n veiling wat op 18 Maart 2022 in dieselfde dorp gehou is. ’n Derde plaas word in Frankfort ondersoek ná die verkryging van kalwers by ’n spekulant in Roodepoort. Die departement sê al hierdie diere wat gekoop is, word verbind met die moontlike onwettige verskuiwing van beeste vanaf Limpopo, waar die aanvanklike uitbreking aangeteken is. Veeartsenydienspersoneel het al drie plase besoek en voorgeskrewe monsters versamel om die siektestatus van hierdie plase te bepaal. Al drie plase is onder kwarantyn geplaas.

Intussen is 'n openbare inligtingsessie oor bek-en-klouseer op Nampo Park in Bothaville gehou. Dié openbare inligtingsessie volg nadat positiewe bek-en-klouseergevalle in verskeie provinsies in Suid-Afrika bevestig is. Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, oftewel APAC, het voorheen aan OFM-nuus gesê bek-en-klouseer het die potensiaal om ‘n ekonomie op sy knieë te bring as dit nie onder beheer gebring word nie. James Faber, die voorsitter van die nasionale RPO, se versoek aan produsente in die lewendehawebedryf is om gebruik te maak van hulle plaaslike veearts om enige verdagte dieresiektes aan te meld sodat ‘n ondersoek ingestel kan word en die nodige biosekuriteitmaatreëls geïmplementeer kan word.

EN

Reënvooruitsigte toon dat meer as 20mm reën oor die grootste deel van die Vrystaat hierdie naweek verwag kan word, met temperature wat ook ‘n daling kan toon. Reën het reeds die afgelope naweek in sentraal Suid-Afrika voorgekom met gebiede wat vanaf die 1ste April tot 100mm reën gekry het. Johan van den Berg, ‘n onafhanklike landbouweerkundige, sê Hoopstad het sowat 50mm reën gemeet en Vredefort het amper 70mm reën gekry. Met hierdie stelsel wat besig is om op te klaar, gaan daar redelik koue lug inbeweeg wat minimum temperature tot onder 5 grade Celsius kan laat daal.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.