On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer kon in die Vrystaat voorkom gewees het - VS Landbou

───   ELSABÉ RICHARD 14:49 Wed, 20 Apr 2022

Landbounuus-podcast: Bek-en-klouseer kon in die Vrystaat voorkom gewees het - VS Landbou | News Article

Bek-en-klouseer kon in die Vrystaat voorkom gewees het.

Dit is die mening van Vrystaat Landbou. Die organisasie sê in ’n verklaring weens die uitbrekings van bek-en-klouseer in Limpopo en KwaZulu-Natal, moes strenger maatreëls ingestel gewees het om infeksie buite die beheerde gebiede te voorkom. Die organisasie sê verder dat weens gebrekkige wetstoepassing word die Wet op Dieregesondheid geïgnoreer, en laat dit ruimte vir die vervoer en handel van besmette diere uit besmette gebiede. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, sê diegene wat nie by die reëls hou nie, moet aanspreeklik gehou word. Neels de Villiers, die voorsitter van die Vrystaatse Dieregesondheidsforum, voeg by dat die uitbraak van bek-en-klouseer in die Vrystaat ‘n effek op plaaslike vleispryse kan hê.

Boere langs die Benede-Oranjerivier in die Noord-Kaap kan verwag dat die rivier se watervlak vir die res van die week sal aanhou styg. Die voorsitter van die Oranjerivier Landbou-unie, Wilco Fourie, sê die styging word toegeskryf aan die watervlakke en vloei van onder meer die Vaal- en Oranjerivier, asook ander riviere wat in die Benede-Oranjerivier inloop. Die Oranjerivier het in Januarie vanjaar 'n vloei van minstens 3 800 kubieke meter per sekonde bereik, wat 'n skouspel was vir menigte besoekers by die Augrabies-watervalle. Fourie sê met 'n vloei van minder as 3 000 kubieke meter per sekonde ly boere gewoonlik min of geen skade nie, terwyl landerye wat laer geleë is, se oeste benadeel kan word.

Daarmee saam waarsku die Suid-Afrikaanse Weerdiens dat donderstorms weer die komende naweek in die Vrystaat kan voorkom. Hierdie waarskuwing volg nadat swaar reën oor groot dele van die land neergesak het. KwaZulu-Natal is een van die provinsies wat swaar getref is met oorstomings. OFM-nuus het vroeër berig dat die regering inwoners versoek, veral diegene wat in laagliggende gebiede woon, om waaksaam te bly. Inwoners word ook versoek om stygende watervlakke te monitor, versigtig te wees wanneer hulle deur oorstroomde gebiede ry en dit moet vermy om laagliggende brûe, waterstrome en riviere oor te steek. Diere wat langs riviere geleë is moet ook na hoër gebiede geskuif word.

EN

Die senior landbou-ekonoom, Johnny van der Merwe van die Noordwes-Universiteit, sê oliepryse kan weer begin styg. Hy voeg ook by dat slagpryse goeie ondersteuning geniet, al het die prys bietjie gedaal. Speenkalfpryse het weer verder gedaal gedurende die huidige maand. Hoendervleispryse het hierdie week effens gestyg, en so ook varkvleispryse. Bokpryse het ook weer verder gestyg die afgelope week.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.