On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrystaatse boer sukkel maande met riool

───   14:19 Thu, 21 Apr 2022

Landbounuus-podcast: Vrystaatse boer sukkel maande met riool | News Article

‘n Vrystaatse boer sukkel al vir maande om sy plaaslike munisipaliteit sover te kry om die vloei van rou riool vanaf die munisipale rioolplaas te stop.

Gerhardus Dreyer, wat boer net buite Hertzogville in die Tokologo-munisipaliteit, sê swaar reën die afgelope tyd het sy probleem vererger. Hy sê hy is nou behoorlik raadop. DA-raadslid van die munisipaliteit, Johann Steenkamp, sê hy het die probleem al verskeie kere onder die aandag van die munisipaliteit gebring, maar ten spyte van vele beloftes het niks daarvan gekom nie. OFM-nuus het vrae aan die Tokologo-munisipaliteit gerig.

Die vraag na plaaslike katoen is aan die toeneem namate plaaslike kleinhandelaars in die tekstielbedryf regmaak om aan die regering se landbou- en landbou-verwerkingsmeesterplan te voldoen. Die plan het onlangs begin vorm aanneem terwyl die katoenbedryf se teiken op 65% plaaslike katoen vasgemaak is. Die uitvoerende hoof van Katoen Suid-Afrika, Hennie Bruwer, voeg egter by dat plaaslike en internasionale volumes tog 'n kopseer bly, omdat boere haelskade ervaar het.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R40,15 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R36,12, en speenkalwers oor 250kg, teen R34,00 per kg verkoop het. Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.