On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NAMPO Oesdag om die draai!

───   ELSABÉ RICHARD 14:06 Mon, 25 Apr 2022

Landbounuus-podcast: NAMPO Oesdag om die draai! | News Article
FOTO: OFM-nuus

Graan SA se NAMPO Oesdag is om die draai, en die organisasie het kommentaar teen die voorgestelde Covid-19-beleid gelewer, wat tot 24 April oop was vir die publiek se insae, en ook die afskaffing van reëls op geleenthede in die buitelug versoek.

Verskeie buitelug-byeenkomste, veral skoue, sportbyeenkomste en konserte, moet almal die huidige Covid-regulasies volg wat deur die regering in plek gestel is om die verspreiding daarvan te verhoed. Hierdie regulasies sluit in die verskaffing van inentingsertifikate óf 'n negatiewe Covid-19 toets, wat nie ouer as 72-uur is nie. Daarmee saam word slegs 50% van 'n perseel se kapasiteit toegelaat indien meer as 2 000 mense buite en 1 000 mense binnenshuis sal wees. Pieter Taljaard, Graan SA se hoof uitvoerende beampte, sê aan OFM-nuus die NAMPO Oesdag moet aan die regulasies voldoen en kan nie daarvan afwyk nie, anders sal die lang verwagte byeenkoms nie aangebied kan word nie.

‘n Kouefront word hierdie week in dele van die Vrystaat, Oos- en Noord-Kaap verwag. Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, sê kleinveeboere moet veral kennis hiervan neem. Die kouefront kan teen Dinsdag of Woensdag ryp tot gevolg hê, veral oor die sentrale na die suidelike dele van die Vrystaat, oostelike en suid-oostelike dele van die Noord-Kaap. Langertermyn-weervooruitsigte toon intussen ook dat reën nog heelwat voor sal kom, met neerslae wat teen die einde van April en in Mei neer kan sak.

EN

Impak-assesserings is tans in KwaZulu-Natal aan die gang nadat vloede groot skade veroorsaak het. Die suikerrietindustrie het ook sy eie impak-assesserings onderneem, waarvan R220 miljoen se skade alreeds ervaar is. Andrea Campher, Agri SA se Ramp- en Risikobestuurder, sê dat omtrent 300 produsente as deel van hierdie verslag skade aangemeld het. Die totale impak van hierdie vloede – veral op die voorsieningswaardeketting – kan egter nie in hierdie stadium bepaal word nie.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.