On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landbou stel nuwe hoofbestuurder aan

───   20:29 Tue, 17 May 2022

Vrystaat Landbou stel nuwe hoofbestuurder aan | News Article
PHOTO: AffiePlaas Fotografie

Ten spyte van al die uitdagings binne die landbousektor, is die nuwe hoofbestuurder van Vrystaat Landbou (VL), Gernie Botha, steeds optimisties oor geleenthede wat dié sektor bied.

“Om in Suid-Afrika te boer vereis senuwees van staal, maar die geskiedenis het gewys dat boere en die landbousektor ten spyte van baie uitdagings altyd bereid is om te sorg dat daar kos op die tafel is. Deursettingsvermoë is 'n eienskap wat onteenseglik deel van 'n boer is en daarom is die wyse woorde van CJ Langenhoven so gepas, ‘Laat ons nie so besig wees om kanse te soek dat ons die geleenthede een vir een laat verbyglip nie,” sê Gernie Botha, nuwe hoof uitvoerende beampte van Vrystaat Landbou.

Botha, wat reeds sedert 2014 in diens van Vrystaat Landbou is, beklee vanaf 1 Mei 2022 die posisie van hoof uitvoerende beampte. Hy is in 2014 aangestel as regsadviseur van VL se Veiligheidslessenaar en is later bevorder na operasionele bestuurder.

"Die Landbou-sektor as sulks lê ons verbruikers almal baie naby aan die hart. Ek dink dit is een van die sektore wat op die huidige oomblik van kardinale belang is in die land se voortbestaan. As jy vandag aan boerdery as sulks dink, moet jy dink aan kos op die tafel - so dit is 'n sektor as sulks wat baie aandag verdien en as ook belangrik beskou behoort te word," sê hy.

Botha sê, wat belangrik is en wat op die einde van die dag 'n groot rol gaan speel, is dat ons 'n omgewing vir die landbousektor moet probeer skep waar boere sonder enige wesenlike probleme kos op die tafel kan sit en dat ons in die proses die ekonomiese situasie só kan struktureer dat dit landbouers optimaal met die gebruik van alle hulpmiddele tot hulle beskikking kan help om kos op die tafel te sit vir ons bevolking.

"Ek wil net weer eens dankie sê vir ons landbouers wat elke dag ten spyte van wesenlike uitdagings hulle werk doen en sodoende sorg dat ons kan voortgaan en dat die algemene bevolking op daai wyse kan sorg dat hulle ook kos op die tafel kan kry," sluit Botha af.


 

OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.