Agriculture
Landbounuus-podcast: Veldbrand bewusmakingsdag vandeesweek─── ELSABÉ RICHARD 14:17 Wed, 25 May 2022
Die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging, in samewerking met ander belanghebbendes soos die Vrystaatse Departement van Landbou, gaan Donderdag 26 Mei 'n veldbrand bewusmakingsdag hou.
Dit volg nadat veldbrande in die Vrystaat, Noord-Kaap sowel as Noordwes verlede jaar duisende hektaar weiveld verwoes het. Johan Breytenbach van die brandbeskermingsvereniging sê veldbrande het oor die afgelope drie jaar aansienlik toegeneem.
Saai, ’n organisasie wat die regte en belange van familieboere beskerm, het dokumente ingedien om beswaar te maak teen elemente van die Wetsontwerp op die Private Gebruik van Dagga. Die organisasie sê hy bevorder ’n gewettigde en noukeurig gereguleerde dagga-industrie wat ekonomiese groei ’n hupstoot gee terwyl skade beperk word. Francois Rossouw, die hoof uitvoerende beampte van Saai, voeg by dat die dagga-wetsontwerp die gereelde misbruik van dagga in groot hoeveelhede laat toeneem, eerder as om die aankoop daarvan in klein hoeveelhede toe te laat.
EN
Suid-Afrikaners word uitgenooi om op 16 en 17 Junie vanjaar aan ‘n virtuele staptog teen plaasaanvalle en –moorde deel te neem. Volgens Bennie van Zyl, TLU SA se Hoofbestuurder, is die plan om binne 24 uur virtueel 6 065 kilometer te stap. Hy sê 6 065 plaasaanvalle en 2 182 plaasmoorde is sedert 1990 aangemeld en dat TLU SA streng werk volgens saaknommers om statistieke te bepaal. Elke kilometer wat gestap word verteenwoordig een van die plaasaanvalle. Besoek stapsaam.co.za om te registreer en deel van hierdie virtuele staptog te wees.
OFM-nuus
