On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere moet wintervoorraad gras beskerm - Jansen

───   ELSABÉ RICHARD 14:02 Thu, 26 May 2022

Landbounuus-podcast: Boere moet wintervoorraad gras beskerm - Jansen | News Article

Met bogemiddelde reënval die afgelope somer in die grootste gedeelte van die Noord-Kaap, en die winter wat besig is om sy kloue behoorlik in te slaan op sentraal Suid-Afrika, is dit vir boere uiters belangrik om die wintervoorraad gras te beskerm.

Só sê Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap. Hy deel verder dat hierdie wintergras ook 'n baie groot brandgevaar is wat 'n weidingstekort soos droogte kan veroorsaak. Intussen hou die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging, in samewerking met ander belanghebbendes soos die Vrystaatse Departement van Landbou, 'n veldbrand bewusmakingsdag net buite Bloemfontein.

Ná 'n onderbreking wat deur die COVID-19-pandemie veroorsaak is, sal die Vrystaatse Departement van Ekonomie, Kleinsakeontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake sy 33ste Jaarlikse Wildveiling by Willem Pretorius Natuuroord op 27 en 28 Mei hou. Volgens Dave Hayter, waarnemende direkteur van biodiversiteitsbestuur en -bewaring, is dié wildveiling vir baie jare 'n hoogtepunt op die wildsektor se kalender, en dra by tot 'n inkomste van meer as R10 miljoen vir die provinsiale fiskus. Hy sê die doel van die veiling is om die wildbevolkings van die reservate in staatsbesit te reguleer en om inkomste generering vir die Vrystaat te optimaliseer.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R41,31 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R40,04, en speenkalwers oor 250kg, teen R37,33 per kg verkoop het.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.