On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Landbou-organisasie dien dokumente in teen elemente van daggawet

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 30 May 2022

Landbou-organisasie dien dokumente in teen elemente van daggawet | News Article

Die organisasie wat die regte van familieboere beskerm, Saai, het dokumente ingedien om beswaar te maak teen sekere elemente van die Wetsontwerp op Private Gebruik van Dagga.

Sien onderstaande PODCAST

Francois Rossouw, Saai se hoof uitvoerende beampte, verduidelik dat die Konstitusionele Hof in September 2018 die parlement opdrag gegee het om “grondwetlike gebrekke” binne 24 maande reg te stel. Saai wys egter uit dat 44 maande later daar nog niks hieroor gedoen is nie.

LEES OOK: SAAI se Theo de Jager ontvang vanjaar se Zimbabwiese Landbou Oscar

“Die dagga-wetsontwerp maak sake nog erger deur feitlik alle kommersiële aktiwiteite te kriminaliseer en terselfdertyd algemene “kommersiële aktiwiteite” wat met kannabis verband hou, “te magtig”. Hierdie teenstrydigheid skep verwarring wat die oppergesag van die reg ondermyn.

“Terwyl die private gebruik, verbruik en verbouing van dagga vir ontspanning deur volwassenes gewettig is ingevolge die reg op privaatheid, word feitlik alle private handel in dagga deur die dagga-wetsontwerp verbied. Dit is irrasioneel. 

LEES OOK: Landbounuus-podcast: Saai stel wapenveldtog bekend

“Daarbenewens sal die dagga-wetsontwerp die gereelde misbruik van dagga in groot hoeveelhede laat toeneem, eerder as om die aankoop daarvan in klein hoeveelhede toe te laat.” 

Rossouw sê die organisasie versoek dat die verkoop van die produk wettig gemaak moet word, en dat dit die potentiaal het om duisende werksgeleenthede te skep. Hy verduidelik dat Saai in sy kommentaar die teenstrydighede van die huidige wetgewing uitwys, sowel as die kwessie dat kleinskaalse produsente nie maklik hierdie mark kan betree nie. 

“As ons nie gaan toelaat dat familieboere en kleinskaalse produsente maklik die produk kan groei en verkoop nie, dan gaan ons sit met hierdie reuse probleem van die korporatisering van hierdie produk en van hierdie mark,” voeg Rossouw by.



OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.