On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Party vergader met Vrystaatse departement oor Oos-Vrystaat paaie

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 07 Jun 2022

Party vergader met Vrystaatse departement oor Oos-Vrystaat paaie | News Article
FOTO: Vrystaat Landbou/Facebook.

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) in die Vrystaat het onlangs met die provinsiale Departement van Polisie, Paaie en Vervoer vergader oor die toestand van paaie in die Oos-Vrystaat.

Volgens Jan van Niekerk, die leier van die party in die Vrystaat, het amptenare onderneem om materiaal om slaggate tydelik op te vul, asook pype en skrapers binne beperkte hulpbrone te voorsien. 

Sien onderstaande PODCAST

Van Niekerk deel dat daar gedurende die vergadering ooreengekom is dat tydelike spanne na kritieke paaie gestuur sal word. Paaie wat geprioritiseer sal word sluit in:

  • R34 (tussen Vrede en Memel)
  • R103 (tussen Warden en Villiers)
  • R26 (tussen Fouriesburg en Ficksburg)

LEES OOK: Reis op Vrystaatse paaie 'n doodsvonnis: VF+

Daarmee saam sê Van Niekerk in ‘n verklaring dat daar ook tydens die vergadering bevestig is dat ‘n nuwe pad tussen Frankfort en Reitz gebou sal word. Hy sê die tenderproses is tans in ‘n finale stadium. “Dié pad kom uit ‘n hofsaak wat spruit uit ‘n vorige maatskappye wat die tender gekry het om die pad te voltooi en wat eenvoudig net verdwyn het. Daar was ‘n hofuitspraak gewees wat bepaal het dat dit ondersoek moet word…”

“Graanprodusente in die Oos-Vrystaatse Thabo Mofutsanyana-distrik gaan tydens hierdie stroopseisoen gebuk onder die haglike toestand van padinfrastruktuur en kan beswaarlik produkte op dié gevaarlike paaie vervoer.”

LEES OOK: Vrystaatse boere demonstreer hul misnoeë oor paaie

Vrystaat Landbou (VL) het intussen foto’s op Facebook gedeel van boere wat self paaie op eie koste en met eie toerusting herstel. Van Niekerk voeg by dat die party ‘n groot waardering vir die landbougemeenskap het wat ten spyte van omstandighede steeds hul gemeenskappe dien en self oplossings vind.

OFM-nuus het verlede maand berig dat ongelukkige boere in die Allanridge-omgewing die S86-pad met bakkies en sleepwaens geblokkeer het weens die departement van paaie se onvermoë om die R30-pad te herstel.

Die Vrystaatse Premier, Sisi Ntombela het bekend gemaak dat die R30-pad, sedert die begin van dié jaar, byna 30 lewens geëis het.

LEES OOK: #R30: Premier pleads for national help

Dr. Jack Armour, Kommersiële Bestuurder van VL het ook gedeel dat herhaalde versoeke aan die Vrystaatse regering gerig is om aandag aan die herstel van paaie, wat weens voortdurende reënval verder verswak het, te gee.

Hierdie versoeke is deur VL gemaak, wat byvoeg dat die toestand van paaie 'n groeiende krisis geraak het. Armour sê die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het voorheen aangekondig dat fondse vir padinstandhouding opgedroog het. Hy sê hierdie begrotingsbeperkings is tydens 'n vergadering van die Vrystaatse LUR van polisie, paaie en vervoer bevestig.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.