On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Veegetalle het drasties verminder

───   ELSABÉ RICHARD 14:04 Tue, 12 Jul 2022

Landbounuus-podcast: Veegetalle het drasties verminder | News Article

Veegetalle in Suid-Afrika en Namibië het drasties verminder, veral in gebiede wat vir jare lank onder erge droogtetoestande gebuk gegaan het.

Volgens Prof. Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat, kan die aankoop van vee en die aangaan van lenings risiko's inhou indien boere steeds wil voortgaan met hul besigheid. Hy vertel van landbouers wat moes diversifiseer om ekonomies te oorleef. Maré sê om lenings aan te gaan om weer veegetalle op te bou, is wel ‘n moontlikheid, maar voeg ook by dat moeilike keuses vir veeboere op die horison lê - en hulle sal moet besluit hoe hulle hul moontlike aftreegeld of pensioen gaan beskerm in dié finale besluitneming.

Winsgewendheid, veiligheid en sekuriteit is van die faktore wat die landboubedryf se lewensvatbaarheid beïnvloed, en is ook op die lys van besprekingspunte by Vrystaat Landbou (VL) se jaarkongres. Die organisasie se kongres vind op 3 en 4 Augustus plaas. VL se tema is vanjaar ‘Ongeag’. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die organisasie, Gernie Botha, verduidelik dat binne die 'Ongeag'-raamwerk wil hulle kyk na probleme wat binne die landboubedryf ondervind word. Hy sê daar is baie eksterne faktore wat ‘n rol speel.

EN

Die Working on Fire-span in Brandfort in die Vrystaat het 'n 10-dae lange projek by Aldam voltooi waar hulle die Imperani Brandbeskermingsvereniging bygestaan het met 'n brandbaan wat bedoel is om plase in die omgewing teen veldbrande te beskerm. Working on Fire het ook op sy Facebook-blad aangekondig dat nog 'n span in Vaalkop in Noordwes ook suksesvol 'n brandbaan by Laboheme binne die Vaalkop Natuurreservaat voltooi het. Dit volg nadat OFM-nuus berig het dat die maak van brandbane een van die voorsorgmaatreëls is wat geïmplementeer moet word, om te voorkom dat veldbrande nie verder versprei nie. Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, het voorheen gewaarsku dat hierdie brandseisoen baie aktief gaan wees.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.