Agriculture
Landbounuus-podcast: Nuwe regulasies vir verkoeling van sitrusvrugte─── ELSABÉ RICHARD 14:29 Thu, 14 Jul 2022
Nuwe regulasies vir die verkoeling van Suid-Afrikaanse sitrusvrugte, wat deur die Europese Unie se Staande Komitee oor Plante, Diere, Voedsel en Voer bekendgemaak is, kan die plaaslike sitrusbedryf miljoene rande kos.
Deon Joubert van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging sê dié regulasies lei tot uitgebreide veranderinge aan die huidige toepaslike fitosanitêre vereistes vir sitrusvrugte afkomstig uit Suid-Afrika. Hy sê dit vereis dat sitrusvrugte, voordat besendings verskeep word, spesifieke, verpligte verkoeling vir spesifieke tydperke moet ondergaan.
Julie en Augustus is tradisioneel bekend daarvoor dat veldbrande hierdie tyd die meeste voorkom. Daar bestaan verskeie voorkomingsaksies wat die publiek, sowel as grondeienaars, kan volg om te voorkom dat brande groot skade aanrig. OFM se Pieter Moller berig voorkoming van brande, deur te let op buitebraaiers, sigaretstompies en onder meer vuurwerke en fakkels, is belangrik.
EN
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R36,50 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R35,10 per kg verkoop het.
OFM-nuus
