On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Eskom se beplande tarief vir sonpaneel-energie raak landbou só

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 26 Jul 2022

Eskom se beplande tarief vir sonpaneel-energie raak landbou só | News Article

Die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, sê dit gons behoorlik ná die aankondiging van Eskom om ‘n vastekostekomponent te hef vir huiseienaars wat van sonpanele gebruik maak om hulle elektrisiteitbehoefte aan te vul.

Groot ontevredenheid heers onder Suid-Afrikaners indien die kragreus sou voortgaan om die R938 tarief in the stel - soos voorlopig bereken word. 

Sien onderstaande PODCAST

Jansen verduidelik dat hierdie nuwe voorgestelde tarief heel moontlik ‘n vastekostekomponent sal hê, sowel as ‘n verlaagde energietarief wat sal meebring dat die gemiddelde gebruiker van 900 eenhede geen verskil op sy totale spandering gaan hê nie.

ALSO READ: Ramaphosa outlines plans to deal with energy crisis

“Die huis wat tans minder krag gebruik vanweë sy sonpanele gaan meer betaal, en die huis wat meer gebruik van Eskom se elektrisiteit, gaan in totaal minder betaal, maar Eskom is dan verseker van die inkomste wat die netwerk kan onderhou en kry sy regmatige inkomste op die elektrisiteitstarief of dan die opwekkingskoste.”

Goeie nuus volgens Jansen is dat hierdie verandering nie werklik die landbousektor groot sal beïnvloed nie. Dit, omdat die sektor reeds deur die jare die vastekostekomponent betaal, ongeag die hoeveelheid eenhede wat die boer gebruik op die Landrate en Ruraflex-pakkette.

ALSO READ: No R900 levy to be imposed on solar users, says energy expert

“Hierdie pakkette het reeds ‘n administrasiekoste, ‘n netwerk-kapasiteitskoste, ‘n netwerk-aanvraagkoste, ‘n bykomstige koste, asook ‘n diensfooi, voordat daar een enkele eenheid elektrisiteit gebruik is.”

Jansen deel verder dat volgens Eskom is dit koste-reflekterend en is dit belyn vir die toekomstige ontbondeling van die kragverskaffer in drie entiteite.

Die Demokratiese Alliansie (DA) se Kevin Mileham het intussen in ‘n verklaring gesê Eskom se plan - deur sy jongste tariefaansoek by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA), om te vereis dat sonkraggebruikers wat op die netwerk gekoppel is R938 per maand betaal selfs al gebruik hulle nie sy elektrisiteit nie - is afpersend en skend verbruikersregte.

Mileham sê verder dat as President Cyril Ramaphosa ernstig is om die beurtkragkrisis in die kortste moontlike tyd op te los, sal hy die R938, wat hy as afpersingsfooi bestempel, op sonkraggebruikers onmiddellik verwerp.

Hy voeg verder by dat in plaas daarvan moet aansporings vir sonkraginstallasie aangekondig word om te verseker dat meer mense gemotiveer word om son-energie as 'n alternatief vir Eskom se “onbetroubare kragvoorsiening te oorweeg”.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.