On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Kommer oor uitbraak van hondesiekte in Noord-Kaap

───   ELSABÉ RICHARD 14:09 Tue, 16 Aug 2022

Landbounuus-podcast: Kommer oor  uitbraak van hondesiekte in Noord-Kaap | News Article

Kommer heers in dele van die Noord-Kaap oor 'n uitbraak van hondesiekte, ook bekend as K9 distemper.

Hierdie siekte veroorsaak 'n hoë sterftesyfer in honde en verskil volgens Sanmari Labuschagne van FURever Adoptions in Upington, van hondsdolheid. Sy verduidelik dat dit meestal onder jong honde voorkom, maar kan ook in ouer honde voorkom. Hondesiekte kom tans veral voor in Upington en omliggende gebiede, en Labuschagne versoek honde-eienaars om hul diere teen hierdie siekte in te ent. OFM-nuus wag nog op terugvoer van die staatsveearts en die departement van landbou in die Noord-Kaap rakende hondesiekte.

Die beweging van beeste sal vir 'n tydperk van 28 dae verbied word weens kommer oor bek-en-klouseer-uitbrake. Dit is volgens Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, oftewel APAC. Hy het met OFM-nuus gedeel dat hierdie besluit gedurende 'n vergadering met die nasionale departement van landbou, onder voorsitterskap van die departement se direkteur-generaal, Mooketsa Ramasodi, gemaak is. Volgens Knowles het dié besluit die steun van die minister van landbou, Thoko Didiza. Gesplete hoefdiere, anders as beeste, mag verskuif word maar met groot versigtigheid. Hierdie besluit sal vandag in die Staatskoerant gepubliseer word.

EN

Gevaarlike tot baie gevaarlike veldbrandtoestande word van 16 tot 17 Augustus oor groot dele van die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap verwag. Die Vrystaatse Sambreelbrandbeskermingsvereniging waarsku dat veldbrande onder hierdie toestande maklik aansteek en vinnig kan versprei. Inwoners word versoek om waaksaam te bly en om nie warm of brandende materiaal weg te gooi of betrokke te raak by aktiwiteite wat 'n veldbrand kan veroorsaak nie. Nicol Jansen, die president van Agri Noord-Kaap, het vroeër aan OFM-nuus gesê dat Augustus-maand die aanvang van die hoë risiko veldbrandseisoen is, met dagtemperature wat begin styg, en die welbekende Augustus-winde wat normaalweg woed.




OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.