Agriculture
Kommer dat mense #FMD versprei─── ELSABÉ RICHARD 06:00 Wed, 17 Aug 2022

Die vermoede bestaan nou dat die huidige verspreiding van bek-en-klouseer deur mense veroorsaak word.
Volgens die Vrystaatse Departement van Landbou is die virus op 18 plase in dié provinsie aangeteken.
Jess de Klerk, die voorsitter van ‘n bek-en-klouseer forum in die Vrystaat, sê as hierdie virus nie effektief bestuur word nie, kan boere alles verloor waarvoor hulle jare lank gewerk het.
Sien onderstaande PODCAST
Zimasa Mbewu van die provinsiale landboudepartement het aan OFM-nuus bevestig dat die virus op elf plase in Marquard, ses plase in Viljoenskroon en op een plaas in Bethlehem aangeteken is.
LEES OOK: Samewerking gevra om te verhoed dat bek-en-klouseer verder versprei
Daar is op 4 Augustus te Senekal ‘n bek-en-klouseer vergadering gehou, juis weens kommer dat die virus onder beheer gebring moet word om katastrofiese gevolge te verhoed. De Klerk sê daar is tydens die vergadeing besluit om ‘n forum op die been te bring om optredes te koördineer.
Hy sê ‘n staatsveearts, wat ook deel van hierdie vergadering was, het kommer uitgespreek oor biosekuriteit op plase en dat die virus maklik met mense en voertuie versprei word na aangrensende plase.
ALSO READ: Assessing the extent of foot and mouth disease outbreak in North West
Daar is tydens die vergadering 'n lys goeie praktyke saamgestel wat boere kan volg om te verhoed dat bek-en-klouseer na hulle en ander plase versprei:
- Sluit hekke en beperk toegang;
- Gebruik F10 SC, meng 30ml op 1 liter water;
- Ontsmet alle persone op die plaas, klere en skoene voor en na werk;
- Ontsmet alle voertuie, bande, onderstelle en voetmatjies asook persone voordat hulle die plaas binnekom en wanneer hulle die plaas verlaat;
- Gebruik een werker per trop beeste;
- Gee vir werkers ‘n spesifieke werk op ‘n spesifieke plek, vermy rondry en rondloop van werkers op verskeie plekke op die plase;
- Probeer dit vermy om met voertuie en werkers tussen jou plase te beweeg. As dit nie moontlik is nie, ontsmet werkers en voertuie buite, onder en agter op die bak voordat ‘n plaas binnegegaan word en as hulle uitry;
- Wees versigtig met lek/voer sakke ensovoorts wat aan voerbakke raak;
- Vermy om met jou honde rond te ry, hulle hardloop rond en kan die virus optel en versprei.
- Die forum sal skrywes rig aan instansies en staatsdepartemente om hulle in te lig oor die protokolle;
- Indien jy en jou werkers aan die virus blootgestel is, kwarantyn almal vir vyf dae. Die virus bly in die mens se lugweë en word so oorgedra van mens na dier;
- As jy in die 3km radius val van ‘n postitiewe geval, vermy om onnodig rond te ry;
- Maak seker jou werkers weet watter plase is besmet en vra dat hulle nie daar gaan kuier nie;
- Bevestig dat mense wat op jou plaas kom nie in kontak was met besmette diere in die afgelope week nie, insluitende veeartse;
- Bel jou bure binne 3km en lig hulle in sodat hulle kennis dra en voorsorg tref om nie diere te skuif nie sodra siek beeste opgemerk word;
- Waar moontlik, skuif jou diere weg van kampe teen plaasgrense;
- Tree verantwoordelik op en moenie jou beeste skuif as daar gevalle gerapporteer is nie;
- Alle kopers van vee word versoek om geen vee in die 10 km radius te bemark en te verskuif nie;
- Bevestig inligting eers met die forum voordat vals nuus versprei word.
Vir verdere besonderhede rakende die Vrystaatse bek-en-klouseer-forum, kontak:
Senekal
Jess de Klerk: 082 388 0654
Tinus Oosthuizen: 083 453 9324
Neels de Villiers: 083 457 8121
Marquard
Hannes de Bruin: 084 522 6348
Kobus du Toit: 083 306 8171
Kaallaagte
Danie Bruwer: 082 806 9410
André Myburg: 083 701 6234
Nicolas van Zyl: 072 704 1115
Bethlehem
Callie Venter: 082 823 0008
Rickus Stander: 083 550 1079
Lindley
Lourens Muller: 066 290 9880
Clocolan:
Frannie Pieters: 072 335 0555
Deonne Roux: 071 865 3777
Hans van Rooyen: 072 564 0440
Helene van Rooyen: 082 831 0122