On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Samewerking gevra om te verhoed dat bek-en-klouseer verder versprei

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 11 Apr 2022

Samewerking gevra om te verhoed dat bek-en-klouseer verder versprei | News Article
Hy waarsku dat produsente wat nie aan dié proses en maatreëls deel wil neem nie, uitgewys sal word.

Die uitbraak van bek-en-klouseer in die Vrystaat kan ‘n effek hê op plaaslike vleispryse. Só sê Neels de Villiers, die voorsitter van die Vrystaatse Dieregesondheidsforum.

Sien onderstaande PODCAST

Hy sê voerkrale het tot onlangs nie speenkalwers ingekoop nie en speenkalfpryse het reeds ‘n daling getoon.

“Ek glo met almal se samewerking - al die produsente, al die bedryfsorganisasies en al die veeartsenydienste, gaan ons hierdie probleem gou uitgesorteer kry.”

LEES OOK: Bek-en-klouseer inligtingsessie op Nampo Park

De Villiers het met OFM-nuus gedeel dat daar nou in die Vrystaat planne in plek gesit gaan word wat toegangsbeheer van die Vrystaat na ander provinsies insluit.

Diere wat positief vir bek-en-klouseer toets, gaan geslag word. Hierdie vleis is ook nie nadelig vir menslike gebruik nie, sê De Villiers.

Hy waarsku dat produsente wat nie aan dié proses en maatreëls deel wil neem nie, uitgewys sal word. Daarmee saam mag diegene wat nie deel is van die Landbouprodukte-agenteraad, oftewel APAC nie, geen handel meer dryf nie.

ALSO READ: Three farms in Free State under quarantine as FMD investigations continue

De Villiers voeg verder by dat veilings nie gestop gaan word nie en dat produsente ‘n sertifikaat of permit wat deur ‘n veearts verskaf is, moet verskaf. Hierdie sertifikaat moet bevestig dat die diere wat verkoop word bek-en-klouseervry is.

OFM-nuus het verlede week berig dat ‘n openbare inligtingsessie op Nampo Park in Bothaville gehou is. Dit volg nadat positiewe bek-en-klouseergevalle in verskeie provinsies in Suid-Afrika bevestig is.

Een van hierdie provinsies is Noordwes. Die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het aangekondig dat daar vyf plase in daardie provinsie is wat onder kwarantyn geplaas is.

Volgens Naudé Pienaar van Agri Noordwes is maatreëls intussen in plek gestel om te verhoed dat bek-en-klouseer verder in Noordwes en na ander provinsies versprei.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.