On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

‘Trots om verskil te maak’ - Nutri Feeds se Santa Ferreira

───   18:00 Thu, 25 Aug 2022

‘Trots om verskil te maak’ - Nutri Feeds se Santa Ferreira | News Article
Santa Ferreira (FOTO: Verskaf)

Ons vier nog voluit vrouemaand hier op OFM, die klank van jou lewe en OFM se Inhoudsbestuurder Elzette Boucher-Krüger, gesels met nog 'n formidabele vrou in landbou, Santa Ferreira, nasionale bemarkingsbestuurder van Nutri Feeds.

Van grootwordjare op Wepener, militêre diensplig ná skool, veelvuldige ritte in 'n lugballon en selfs 'n skubaduiklisensie, Ferreira pak die lewe voluit aan, met albei hande.

Sy vertel hoewel haar loopbaan in landbou “per ongeluk” gebeur het, dat dit haar hartstaak geword het.

“Ek glo dat ek as vrou 'n verskil in die bedryf kan maak deur te fokus op hoe ons kliënte laat voel – en nie noodwendig die tegniese kennis wat die res van die span met hulle deel nie.  

“Landbou is deel van 'n boer se ‘DNA’ en om hom te laat voel dat Nutri Feeds omgee, maak 'n verskil in hoe hy besigheid met ons doen. Ek is trots daarop om as vrou 'n verskil te kan maak in die bedryf waarin ek werk.”

Luister hier na die onderhoud:


Nutri Feeds, met sy vier fabrieke in Suid-Afrika, spog met ’n volledige reeks enkelmaag-produkte vir lêhenne, braaikuikens en varke, asook herkouerprodukte wat insluit lekke vir onderhoud, produksie, en lekkonsentrate vir selfmengopsies. Vir die afronding van diere is volledige, semi-volledige en bekende HPK’s beskikbaar vir selfmeng. Nutri Feeds is ook bekend vir ‘n reeks Fosfaat-, Proteïen-, Energie en Wilds ‘Tubs’.

Nutri Feeds se sterkpunt lê in die unieke aanbevelings wat deur kundige Tegniese Adviseurs aan produsente gemaak word. Voedingstowwe in plaasgeproduseerde roumateriale word in Nutri Feeds se eie laboratorium vir elke kliënt bepaal. Sodoende word slegs die tekorte op die plaas aangespreek in plaas daarvan dat voer net voor die voet uitgesit word.

Met verkope aan landboumaatskappye in Suid-Afrika en Namibië, het Nutri Feeds sewe verteenwoordigers wat elkeen spesifieke Landboubesighede en gebiede diens en word elkeen ondersteun deur ‘n Tegniese Adviseur wat produsente direk besoek.

Nutri Feeds lê klem op verteenwoordiging om sodoende toegang tot advies aan produsente te vergemaklik.

Besoek Nutri Feeds se webblad vir kontakbesonderhede.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.