On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Publiek gevra vir kommentaar op voorgestelde wetsontwerp

───   ELSABÉ RICHARD 17:16 Wed, 07 Sep 2022

Landbounuus-podcast: Publiek gevra vir kommentaar op voorgestelde wetsontwerp | News Article
FOTO: Wikimedia Commons

Die publiek het tot 16 September vanjaar kans om kommentaar te lewer op die Departement van Justisie se voorgestelde wetsontwerp om die huidige Wet op Betreding te herroep, én te vervang.

Dié wetsontwerp verbied onwettige toegang tot persele. Die departement sê hy glo dat hierdie wetsontwerp Suid-Afrikaanse oortredingswette sal hervorm. OFM-nuus se Elsabé Richard-May berig verder dat die doel van die wetsontwerp nie net is om onwettige toegang op persele te verbied nie, maar ook om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee verband hou. Die publiek word aangemoedig om die Departement van Justisie se webtuiste te besoek oor meer inligting van waar en hoe kommentaar ingedien kan word.

Plase in die Noord-Kaap waar skaapbrandsiekte aangemeld is, is onder kwarantyn geplaas om te verhoed dat dié siekte verder versprei. OFM-nuus het vroeër berig dat 14 positiewe gevalle van brandsiekte tans in die provinsie bestuur word. Volgens die Rooivleisprodusente-organisasie se Julize Volschenk, is plase onder kwarantyn geplaas om seker te maak dat die nodige behandeling en monitering van geaffekteerde diere plaasvind. Volschenk maan boere om aan die nodige biosekuriteitsmaatreëls te voldoen, en dit op hulle plase te implementeer.

Die onsekerheid oor energiepryse oorsee, het ‘n invloed op vleispryse en -tendense in Suid-Afrika. Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom, sê stoorlam- en hoenderpryse het het 'n daling getoon.

EN

Die El Niño-Suidelike Ossillasie is tans in 'n swak La Niña-toestand, en voorspellings dui daarop dat dit waarskynlik gedurende die res van 2022 in hierdie toestand sal bly. Suid-Afrika het aan die begin van die jaar baie reënval ervaar weens 'n sterk La Niña-verskynsel, wat beide positiewe én negatiewe gevolge vir die landbousektor ingehou het. Die weerdiens deel dat ondernormale reënval vir die westelike dele van die land gedurende lente verwag word.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.