On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Versigtige besteding, begroting belangrik om voort te kan boer

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 04 Oct 2022

Versigtige besteding, begroting belangrik om voort te kan boer | News Article

Versigtige besteding van finansies is gedurende hierdie harde ekonomiese tye belangrik vir die voortbestaan van boerderye.

Dawie Maree, FNB se hoof van inligting en bemarking, raai ook aan dat produsente ‘n begroting moet opstel wat hulle in staat sal stel om op ‘n ingeligte manier in hulle bedrywighede te belê. 

Sien onderstaande PODCAST

Maree sê produsente moet in ag neem dat ons tans in ‘n siklus is van waarskynlike stygende rentekoerse, en as gevolg hiervan, moet slim finansiële besluite geneem word.

ALSO READ: Consumer food price inflation accelerated further in August

Hy sê wanneer ‘n produsent geld leen, moet hy seker maak dat hy steeds terug kan betaal, al styg die rentekoers.

“Ons sê altyd 'n mens moet spasie op jou begroting hou vir onvoorsiene omstandighede. Ek dink hierdie is nou juis een van daardie goed - dat ons besef dat rentekoerse gaan styg en dat jou terugbetaalvermoë waarskynlik onder druk gaan kom.

“En dan, wat ook baie belangrik is, is wanneer jy ‘n groot uitgawe aangaan, maak seker dat dit produktiewe bates is wat jy koop en nie onproduktiewe goed is waarop jy geld spandeer nie, sodat daardie bates nogsteeds vir jou ‘n inkomste kan inbring.”

Versigtige besteding

Maree raai produsente aan om hul kostes doeltreffend te bestuur. Dit, te midde van stygende insetkostes die afgelope maande. 

ALSO READ: SA energy crisis biggest contributor to local inflation - economist

“Ons weet produsente is ongelukkig prysnemers in meeste van die gevalle, so daaraan [kan daar nie veel gedoen word] nie, maar ons kan baie doen aan hoe ons ons koste bestuur en om seker te maak dat jy daardeur steeds winsgewend kan wees.”

Beplaning

Maree sê beplanning is belangrik ter voorbereiding van moontlike moeilike finansiële tye. Met dit gesê speel ‘n begroting ‘n belangrike rol. 

Hy voeg by dat begrotings verkieslik op ‘n weeklike óf maandelikse basis aangepas moet word. 

Produsente moet dan gaan kyk na hoe hulle teenoor hulle begroting gepresteer het. “Ek dink as jy dit op ‘n gereelde basis doen dat jy seker is waarna jou geld toe gaan… dan het jy goeie finansiële bestuur.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.