On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Afgelope jaar was ontstuimige tyd vir landbousektor - Agri SA

───   ELSABÉ RICHARD 14:49 Thu, 13 Oct 2022

Landbounuus-podcast:  Afgelope jaar was ontstuimige tyd vir landbousektor - Agri SA | News Article

Die afgelope jaar was 'n ontstuimige tyd vir die landbousektor omdat verskeie gebeure gesamentlik aansienlike ontwrigting in die sektor veroorsaak het

Dit is volgens die president van Agri SA, Jaco Minnaar, tydens die eerste dag van die organisasie se kongres in Pretoria. Minnaar het ook gedeel dat die sektor gebuk gegaan het onder die agteruitgang van infrastruktuur, soos paaie en spoorweë, sowel as die elektrisiteitskrisis, wat produsente se vermoë om voedsel te produseer benadeel.

Daar is kommer uitgespreek in 'n gesamentlike verklaring deur die departemente van landbou, openbare ondernemings en arbeid oor die negatiewe impak wat die Transnet-staking op die Suid-Afrikaanse ekonomie het, veral dié sektore wat van Transnet afhanklik is vir hul logistieke dienste. Die departemente sê dit is die regering se siening dat dit in die belang van die land sal wees om 'n spoedige oplossing vir hierdie dooiepunt te vind. 'n Ekonoom by die Efficient-groep, Dawie Roodt, het intussen aan OFM-nuus gesê die staking kom op 'n tyd wat die land onder beurtkrag gebuk gaan, wat reeds 'n negatiewe impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie het.

EN

Agri Noord-Kaap is tans besig met ’n groot fondsinsamelingsveldtog om tydelike voerhulp aan landbouers te bied wat deur veldbrande geraak word. Die organisasie stuur ook 'n infrastruktuurprojek van stapel om landbouers te help om onder waterpype en grensdrade te herstel. Die organisasie se Janine Byleveld deel dat Agri Noord-Kaap ook in samewerking met die Departement van Landbou ’n bestuurspan uitgestuur het om seker te maak dat dit die einde van die verwoestende brande is.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.