Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 17 Oct 2022
FOTO: Grain SA/Graan SA (Facebook).
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste kontrakmaand het met 0,66% gestyg.
- In die VSA het droogte die mielie-oesproses aangehelp, terwyl die plantproses in Argentinië belemmer word. Teen hierdie tyd het Argentinië oor die algemeen 50% van die mielie-oes geplant, vanjaar is slegs 7% geplant.
- Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydag met effense opwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Oktober 2022, R25/ton (+ 0,49%) geklim om teen R5 115/ton te sluit.
- Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2022, R36/ton (+ 0,72%) hoër verhandel om teen R5 039/ton te sluit. Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R31/ton (+ 0,60%) geklim om teen R5 200/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R35/ton (+ 0,70%) hoër verhandel om teen R5 124/ton te sluit.
- Vir die week geëindig 7 Oktober is 'n totaal van 58 514 ton mielies uitgevoer. Daarvan was 6 830 ton witmielies en 51 684 ton geelmielies. Die agt-week-uitvoervooruitskouing wat deur SAGIS gepubliseer is, dui op 'n toename in die witmielie-uitvoertempo. In so 'n mate dat uitvoer voorspel word om bo die vorige seisoentempo te wees, sowel as die vyf-jaar gemiddelde. Groot witmielie-uitvoerbestemmings, wat meestal lande suid van die Sahara insluit, ervaar laer produksieskattings - wat 'n ondersteunende hand vir plaaslike witmielie-uitvoer kan verleen.
- Tans verhandel die kolgeelmieliekontrak effens onder die Argentynse uitvoerpariteitsvlak van R5 095/ton, en die VSA uitvoerpariteitsvlak van R5 859/ton. Die Argentynse invoerpariteitsvlak is tans R6 495/ton en Amerikaanse invoerpariteit is R7 235/ton. Randfontein is as verwysing gebruik.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het met 0,03% gedaal.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2022 met R124/ton (+ 1,24%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R10 160/ton. Die sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022, R126/ton (1,24%) hoër verhandel om teen R10 300/ton te sluit.
- Tans verhandel die spot sojaboonkontrak effens bo die Argentynse uitvoerpariteitsvlak van R9 806/ton, en effens onder die VSA uitvoerpariteitsvlak van R10 133/ton. Die Argentynse invoerpariteitsvlak is tans R13 207/ton en Amerikaanse invoerpariteit is R13 714/ton. Randfontein is as verwysing gebruik.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het 1,13% hoër verhandel.
- Ná aanvalle dreig Rusland om die hernuwing van die huidige Swartsee-skeepvaart ooreenkoms te weier wat toelaat dat graan en ander uitvoer die Oekraïense hawens verlaat. In Argentinië het die Buenos Aires-graanbeurs sy voorspelling vir die land se 2022/23-koringproduksie met 5,7% verlaag. La Niña-toestande genereer baie droë weer in sleutelproduksiestreke, wat opbrengste beïnvloed.
- Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2022 het met R44/ton (+ 0,60%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 316/ton. Die Desember 2022-koringkontrak het met R4/ton (- 0,05%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 392/ton.
- Vir die week geëindig 7 Oktober is 'n totaal van 44 406 ton koring ingevoer, hoofsaaklik uit Australië (25 452 ton) en Duitsland (17 174 ton). Tans verhandel die kolkoringkontrak onder die Duitse invoerpariteitsvlak van R8 306/ton. Die Argentynse invoerpariteitsvlak is tans R9 343/ton en Amerikaanse invoerpariteit is R8 643/ton. Randfontein is as verwysing gebruik.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
