On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Fri, 25 Nov 2022

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO: Four Paws.

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard-May lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit.

Sien onderstaande PODCAST

Ondersoeke is aan die gang om die oorsprong te bepaal van die hemorragiese haassiekte, wat in die Wes- en Noord-Kaap bevestig is. Die Noord-Kaapse Departement van Landbou sê die virus is nie op die lys van beheerde siektes nie. Dis 'n eksotiese siekte wat aangemeld moet word by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid. Die landboudepartement sê die siekte is 'n hoogs aansteeklike en dodelike siekte by mak sowel as wilde Europese hase. Dit kom in baie dele van die wêreld voor, maar is nog nie voorheen in Suid-Afrika aangemeld nie.

Inentingsveldtogte is onderweg in gebiede wat deur bek-en-klouseer geraak word. In sy jongste verslag sê die departement van landbou meer as 82 000 diere is in die Vrystaat ingeënt, en byna 34 000 in Noordwes. Volgens die verslag het dié provinsies en Mpumalanga begin om diere vanaf positiewe plase na aangewese abattoirs te neem vir beheerde slagting. Veearts dokter Shaun Morris sê dié diere se vleis hou geen gevaar in nie.

Die landbousektor versoek 'n kleiner verhoging in die nasionale minimum loon van die regering. Agri SA stel voor die verhoging bly 2 persentasie-punte laer as die inflasiekoers. Hy sê hoë insetkoste, swak dienslewering en natuurrampe is groot uitdagings vir die landbousektor. 'n Loonverhoging van meer as 5% sal die lewensvatbaarheid van tallose landboubedrywighede bedreig, en Suid-Afrika se internasionale mededingendheid kniehalter.

LEES OOK: Federasie gekant teen versoeke om Amerikaanse veghonde te verbied

Amerikaanse veghonde laat die laaste tyd landwyd die tonge klap. 'n Petisie is begin om dié hond as troeteldier te verbied nadat 'n aantal kinders hulle lewe verloor het. Die Amerikaanse Pit bull Federasie van Suid-Afrika se Lehanda Rheeder sê mense het verskeie wanopvattings oor dié honderas. Rheeder sê opvoeding is belangrik.

EN

Lam- en skaapvleisprodusente is nou besig om kuddes te herbou in reaksie op beter veldtoestande as gevolg van verbeterde reënval in 2021 en 2022. Volgens Absa se AgriTrends-verslag vir 2022, sal dit na verwagting die aantal diere wat beskikbaar is vir slagting in die nabye toekoms beperk, wat pryse sal ondersteun. Die verslag voeg by dat toenemende druk op verbruikers se besteebare inkomste op sy beurt waarskynlik prysgroei oor die komende 18 tot 24 maande sal beperk.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.