Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 17 Jan 2023
FOTO: Graan SA.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die Amerikaanse mieliepryse het Vrydag beskeie stygings behaal ná positiewe prysbewegings wat Donderdag in die WASDE-verslag vrygestel is.
- Die verslag het laer as verwagte produksiesyfers vir mielies aangedui wat gelei het tot 'n mate van tegniese aankope.
- Plaaslik: Die plaaslike mieliemarkpryse het positief verhandel. Pryse het ondersteuning gevind weens ‘n swakker wisselkoers. Pryse verhandel steeds onder uitvoerpariteit.
- Die witmieliekontrak het vir Jan ’23 R76/ton sterker verhandel vir die dag om teen R4 559/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie '23 het R84/ton sterker verhandel teen R4 352/ton.
- Die geelmieliekontrak vir Jan ’23 het verhandel teen R4 520/ton, R39/ton sterker. Die geel mieliekontrak het vir lewering in Julie ’23 teen R4 418/ton verhandel, R69/ton sterker.
Sojabone:
- Die Amerikaanse sojaboonmarkpryse het ondersteuning gevind met pryse wat met 0,5% gestyg het. Pryse het ook baat gevind by positiewe prysbewegings wat Donderdag deur die USDA vrygestel is.
- Sojaboonproduksieskattings was ook laer as wat verwag is. China se sojaboon-invoer het in Desember 19% hoër geklim vir die jaar.
- Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ook positief verhandel met pryse wat tussen 0,7% en 2% toegeneem het.
- Die sojaboon Jan ’23-kontrak het R75/ton sterker verhandel teen R10 125/ton. Die sojaboon Maart ’22-kontrak het R92/ton sterker verhandel teen R9 790/ton.
- Die sojaboon Mei ’23-kontrak het teen R9 025/ton, R134/ton hoër, verhandel.
Koring:
- Die Amerikaanse koringmarkpryse was gemeng, maar meestal hoër na 'n ongelyke rondte van tegniese verhandeling op Vrydag.
- Die Oekraïne se Ministerie van Landbou het berig dat die land se 2022-koring- en gars-oeste afgehandel is.
- Plaaslik: Die plaaslike koringmark het mielies en sojabone hoër gevolg. Pryse het marginaal hoër verhandel.
- Die koring Jan ’23-kontrak het teen R6 460/ton verhandel, R45/ton hoër.
- Die koring Maart ’23-kontrak het teen R6 543/ton verhandel, R37/ton hoër.
