Agriculture
Minder fyn langwol by wolveiling aangebied─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 17 Feb 2023
Die 20ste wolveiling van die 2022/23-wolseisoen het hierdie week plaasgevind.
Sien onderstaande PODCAST
Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,1% vir nie-RWS en 1,5% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R181,95/kg en R193,52/kg, onderskeidelik gesluit.
“Op die OVK-veiling is 4 546 bale aangebied, waarvan 98,04% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R250/kg is behaal vir ‘n 1 baal lot ANKSY van 16.6 mikron, uit die skeersel van BPG Langfontein, vanuit die Wakkerstroom-distrik.
“Die koper was Standard Wool,” deel Victor.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 22 Februarie geskeduleer.
